Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » flank
flank [boodskap #140284] Di, 20 September 2022 12:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
flank
Afbreking: flank


Selfstandige naamwoord: flank
Meervoud: flanke
Verkleinwoord: flankie
Meervoud van verkleining: flankies

Betekenis:
• Die sykant van iets (soos 'n gebou, berg, skip, krygsmag, vloot, ens.)
• Die gedeelte van 'n dier se sy tussen die ribbes en die heup.
• 'n Spelerposisie in rugby.

Gebruik:
• Die legioen se flank word aangeval.
• Die moeë perd staan met hygende flanke langs die waterstroom.
• Die flanke (nr. 6 en 7) en die agsteman (nr. 8) is losvoorspelers, want hulle lywe bind 'losweg' aan die skrum.

Sinoniem:
• kant
• sykant
• vleuel

Hiponiem:
• linkerflank
• regterflank

Afgelei:
• flankaanval
• flankbeweging
• flankdekking
• flankverdediging
• flankvoorspeler
• flankvuur

Vertaling:
Engels: flank, side
Nederlands: flank

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: werksekerheid
Volgende onderwerp: kokosneut
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 03:02:23 MGT 2024