Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tiekiedraai
tiekiedraai [boodskap #140238] Do, 15 September 2022 14:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18897
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tiekiedraai
Afbreking: tie•kie•draai
Samestelling: tiekie + draai


Werkwoord: draai tiekie, tiekiedraai
Verlede tyd: het tiekiegedraai

Betekenis:
• Om in 'n nou sirkel (op 'n tiekie) in die rondte te draai, meestal as deel van 'n dans.

Gebruik:
• Weet vandag se kinders nog hoe lekker dit is om hand om die lyf oor die dansbaan te tiekiedraai?
• Dis lente en ek huppel van blydskap en tiekiedraai in die kleurvolle heide.

Spreekwoord:
• 'n Mens kan nie alleen tiekiedraai nie. [Dit vat spanwerk.]

Vertaling:
Engels: to turn around, dance in a circle
Nederlands: rondedans dansen

Nota:
• Daar is ook 'n dorpie met die naam Tiekiedraai in Limpopo.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Afrikaanse Woorde: Z
Volgende onderwerp: akademikus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 13:10:19 MGT 2024