Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verwikkeling
verwikkeling [boodskap #140207] Vr, 09 September 2022 11:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verwikkeling
Afbreking: ver•wik•ke•ling


Selfstandige naamwoord: verwikkeling
Meervoud: verwikkelinge, verwikkelings
Verkleinwoord: verwikkelinkie
Meervoud van verkleining: verwikkelinkies

Betekenis:
• 'n Stap in 'n reeks gebeure, dikwels 'n komplikasie of wending.
• (letterkunde) Die gebeure in 'n letterkundige werk wat tot 'n klimaks oploop.

Gebruik:
• Ons sal die nuwe verwikkeling in die hofsaak fyn dophou.
• Die verwikkeling in die roman is langdradig en onnodig uitgerek.

Sinoniem:
• gebeurtenis
• komplikasie
• wending
• intrige
• ontwikkeling
• sage
• storielyn
• verloop

Afgelei:
• familieverwikkeling
• verwikkelingsplan

Vertaling:
Engels: involvement, complication, embroilment, entanglement, intricacy; plot, intrige
Nederlands: verwikkeling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aantrekkamer
Volgende onderwerp: onbeheerbaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 06:44:28 MGT 2024