Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fase
fase [boodskap #140200] Do, 08 September 2022 10:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
fase
Afbreking: fa•se


Selfstandige naamwoord: fase
Meervoud: fases
Verkleinwoord: fasetjie
Meervoud van verkleining: fasetjies

Betekenis:
• 'n Stadium in die ontwikkeling van iets; ontwikkelingstrap.
• 'n Verandering in die voorkoms van iets; skyngestalte.
• (elektrisiteit) 'n Bepaalde verhouding by wisselstroom.

Gebruik:
• Tydens fase 1 word die pasiënt met chemoterapie behandel.
• Die maan beweeg deur fases, nl. donkermaan, eerste kwartier, volmaan en laaste kwartier.
• 'n Enkelfase word na huise aangelê, maar groot kragverbruikers kry al drie fases.

Sinoniem:
• oorgang
• periode
• stadium
• stap
• toedrag
• toestand
• trap

Hiponiem:
• aanloopfase
• aanvangfase
• afloopfase
• babafase
• beginfase
• denkfase
• driefase
• eindfase
• enkelfase
• evalueringsfase
• herstelfase
• implementeringsfase
• inoefeningsfase
• krabbelfase
• lewensfase
• maanfase
• middelfase
• ontleedfase
• ontledingfase
• ontwerpfase
• ontwikkelingsfase
• oorgangsfase
• randfase
• sametrekkingsfase
• skemafase
• slotfase
• stelselontledingfase
• teenfase
• uitkenningsfase
• uitsettingsfase
• verloopfase
• vervalfase

Afgelei:
• fasegewys
• fasevorm

Vertaling:
Engels: phase, stage
Nederlands: fase

Nota:
• "Fase" is ook die meervoud van "faas" ('n band oor 'n wapenskild).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

Vorige onderwerp: nameloos
Volgende onderwerp: keurder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 04:32:33 MGT 2024