Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sliert
sliert [boodskap #140197] Wo, 07 September 2022 18:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sliert
Afbreking: sliert


Selfstandige naamwoord: sliert
Meervoud: slierte
Verkleinwoord: sliertjie
Meervoud van verkleining: sliertjies

Betekenis:
• 'n Lang, dun, slap hangende voorwerp (soos 'n tou, haarlok, string maanhare, strook mis, ens.)

Gebruik:
• Sy vee 'n sliert hare van haar gesig af.
• Die mis hang in slierte oor die berg.

Sinoniem:
• flard
• klossie
• vlaag

Afgelei:
• sliertig

Vertaling:
Engels: wisp, ribbon, string, tendril, strand
Nederlands: sliert

Nota:
• Soms ook 'n werkwoord (sliert/ gesliert).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: faling
Volgende onderwerp: naamloos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 04:37:13 MGT 2024