Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » setel
setel [boodskap #140180] So, 04 September 2022 14:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
setel
Afbreking: se•tel


Selfstandige naamwoord: setel
Meervoud: setels
Verkleinwoord: seteltjie
Meervoud van verkleining: seteltjies

Betekenis:
• Plek waar 'n organisasie gevestig is.
• 'n Kiesafdeling vir 'n parlement of ander demokratiese orgaan.

Gebruik:
• Bloemfontein is die administratiewe setel van Suid-Afrika.
• Die party het twee setels in die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement verower.

Hiponiem:
• biskopsetel
• eresetel
• goewerneursetel
• landdrossetel
• regeringsetel

Afgelei:
• setelstelsel
• setelverdeling
• setelwins

Vertaling:
Engels: chair, seat
Nederlands: zetel


Werkwoord: setel
Verlede tyd: het gesetel
Verlede deelwoord: gesetelde

Betekenis:
• Om êrens gevestig te wees.

Gebruik:
• Die duiwel is in die hel gesetel.

Vertaling:
Engels: to reside, be resident, sit
Nederlands: zetelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: goudstaaf
Volgende onderwerp: handgemeen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 04:17:41 MGT 2024