Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vertroueling
vertroueling [boodskap #140141] Di, 30 Augustus 2022 19:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vertroueling
Afbreking: ver•trou•e•ling
Samestelling: vertrou + -e- + -ling


Selfstandige naamwoord: vertroueling
Meervoud: vertrouelinge

Betekenis:
• Iemand wat vertrou word en waarmee geheime en vertroulike inligting gedeel word.

Gebruik:
• Willem Bok was 'n vriend en vertroueling van president Paul Kruger.

Wisselvorm:
• vertrouling

Sinoniem:
• aanhanger
• boesemvriend
• kameraad
• vertrouenspersoon

Vertaling:
Engels: confidant
Nederlands: vertrouweling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: breingolf
Volgende onderwerp: naderend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 04:28:09 MGT 2024