Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hierdie Nuusgroep is nutteloos
Hierdie Nuusgroep is nutteloos [boodskap #13978 is 'n antwoord op boodskap #13979] Do, 23 April 1998 00:00 na volgende boodskap
Theo de Jager  is tans af-lyn  Theo de Jager
Boodskappe: 3
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Goeiedag almal,

Hierdie is net my persoonlike opinie, en almal wat nie daarmee saamstem
nie kan maar gerus met my stry. Ek is uiters teleurgesteld met die inhoud
en vlak van gesprekvoering in hierdie nuusgroep. Ek het juis hierdie
nuusgroep begin lees want die ander Suid-Afrikaanse een was so vol
sinnelose gemors. Dit lyk nou asof hierdie groep die onvolwasse voorbeeld
van die ander een navolg. Persoonlike beledigings en irrasionele,
emosie-belaaide argumente is tog in swak smaak, en kan sekerlik nie tot
enige akademiese of politiese gesprek bydra nie. Miskien is die hele
atmosfeer in hierdie nuusgroep maar kenmerklik van Suid-Afrikaanse
politiek in die algemeen???

Ek probeer nie pleit dat mense net positiewe dinge oor Suid-Afrika moet
skryf nie, maar selfs 'n negatiewe argument kan op 'n beskaafde, volwasse
wyse gemaak word.

Groete,

Theo de Jager
Re: Hierdie Nuusgroep is nutteloos [boodskap #13979 is 'n antwoord op boodskap #13978] Do, 23 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Theo de Jager skryf:

> Ek is uiters teleurgesteld met die inhoud
> en vlak van gesprekvoering in hierdie nuusgroep.

[knip-knip...]

Theo, ek stem met jou saam dat die debatvoering nie altyd op 'n hoe" peil is
nie. Die neiging is maar meestal om tot persoonlike aanvalle oor te gaan,
want baie min mense het nog die moeite gedoen om die riglyne vir nuusgroep
gebruik te gaan lees (dit is in die nuusgroepe te kry by
'news.announce.newusers').

Ander gebruik nuusgroepe natuurlik as 'n muur om graffiti op te skryf,
sonder dat hulle hande vol spuitverf raak...

Miskien is jy reg, dat ons so onseker van onsself is, dat ons nie verder kan
kom as om onder mekaar te baklei nie.

Dalk kan jy help om die peil te verhoog, deur vir ons te vertel van die
suksesse van die Stigting vir Gelykheid voor die Reg?

Onlangs het ek gevra wie teenwoordig moet wees as die Groot Indaba tussen
Mnr Mbeki en Afrikaners plaasvind, en wat op die agenda moet wees, maar
niemand het blykbaar 'n opinie daaroor nie. Wat dink jy?

Waaraan sou jy die fenomenale sukses van die KKNK toeskryf, en wat beteken
dit vir die toekoms van Afrikaans?

Groete

Henri Burger
Re: Hierdie Nuusgroep is nutteloos [boodskap #14010 is 'n antwoord op boodskap #13979] Vr, 24 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
anton cronje skryf:

> Ek het gevind dat die beste antwoord vir hierdie probleem is om die gemors
> wat
> geskryf word, te ignoreer.

Anton, ek stem hiermee saam. Dit beteken moenie hom antwoord nie. Gewoonlik
verdwyn hulle gou.

> Maak net die verandering op jou nuusfilter, en sny dan uit die 'postings'
> van die mense wat jou irriteer-dis gewoonlik net 2 of 3, maar jy weet van
> 'empty vessels......'

Hiermee het ek 'n problem. (Wat is die Afrikaans vir 'killfile'?) Jy gaan
nooit weet wanneer die ou die dag 'n helder oomblik beleef en die stukkie
lewenswysheid kwyt raak waarna jy nog altyd op soek was nie!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Hierdie Nuusgroep is nutteloos [boodskap #14011 is 'n antwoord op boodskap #13979] Vr, 24 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
anton cronje  is tans af-lyn  anton cronje
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek het gevind dat die beste antwoord vir hierdie probleem is om die gemors
wat
geskryf word, te ignoreer.

Maak net die verandering op jou nuusfilter, en sny dan uit die 'postings'
van die mense wat jou irriteer-dis gewoonlik net 2 of 3, maar jy weet van
'empty vessels......'

Theo de Jager wrote in message ...
> Goeiedag almal,
>
> Hierdie is net my persoonlike opinie, en almal wat nie daarmee saamstem
> nie kan maar gerus met my stry. Ek is uiters teleurgesteld met die inhoud
> en vlak van gesprekvoering in hierdie nuusgroep. Ek het juis hierdie
> nuusgroep begin lees want die ander Suid-Afrikaanse een was so vol
> sinnelose gemors. Dit lyk nou asof hierdie groep die onvolwasse voorbeeld
> van die ander een navolg. >
> Theo de Jager
>
Vorige onderwerp: Die hekstegniek in 'n vingerhoed
Volgende onderwerp: Die hekstegniek ontbloot!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 01 01:26:15 MGT 2024