Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » komplement
komplement [boodskap #140109] Sa, 27 Augustus 2022 07:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
komplement
Afbreking: kom•ple•ment


Selfstandige naamwoord: komplement
Meervoud: komplemente
Verkleinwoord: komplementjie
Meervoud van verkleining: komplementjies

Betekenis:
• Dit wat ontbreek om iets te voltooi; aanvul of volledig maak; tot perfeksie bring.
• (optika) 'n Kleur wat met 'n ander kleur gemeng kan word om swart (of wit) te gee.
• (wiskunde) Die hoeveelheid grade om 'n hoek 90° te maak.

Gebruik:
• Afdeling drie is die komplement van afdelings een en twee.
• Die komplement van blou is oranje.
• Die komplement van 60° is 30°.

Sinoniem:
• aanvulling
• aanvulsel
• byvoegsel
• toevoegsel

Verwant:
• komplementeer (ww.)
• komplementering
• komplementêr

Vertaling:
Engels: complement
Nederlands: complement

Nota:
• Moenie "komplement" met "kompliment" ('n pluimpie) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verspreiding
Volgende onderwerp: dieetkunde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 04:23:53 MGT 2024