Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » karwei
karwei [boodskap #140101] Vr, 26 Augustus 2022 12:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
karwei
Afbreking: kar•wei


Werkwoord: karwei
Verlede tyd: het gekarwei

Betekenis:
• Om iets van die een plek na 'n ander plek te vervoer.

Gebruik:
• Ek weet nie hoe ons dié trek Kaap toe gaan karwei nie.

Sinoniem:
• aanry
• aandra
• oorbring
• transporteer
• vervoer

Afgelei:
• rondkarwei

Vertaling:
Engels: to ride transport
Nederlands: vervoer rijden


Selfstandige naamwoord: karwei
Meervoud: karweie
Verkleinwoord: karweitjie
Meervoud van verkleining: karweijies

Betekenis:
• Goedere wat aangery/ getransporteer word.

Gebruik:
• Hy het met sy hele karwei hier opgedaag.
• Die hele karwei het van die trok afgeval.

Afgelei:
• karweidiens
• karweier
• karweiery
• karweigeld
• karweikoste
• karweiloon
• karweios
• karweipad
• karweiperd
• karweierye
• karweitog
• karweiwerk

Vertaling:
Engels: goods that are transproted
Nederlands: goederen die worden vervoerd

Nota:
• Moenie "karwei" met "karwy" (plant) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kondukteur
Volgende onderwerp: langtand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 04:21:42 MGT 2024