Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Kennisgewings » Baie dankie Gesellig (Net 'n vraag)
Baie dankie Gesellig [boodskap #140094] Do, 25 Augustus 2022 12:10 na volgende boodskap
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
Baie dankie vir ‘n netjies uitgelêde en gebruikervriendelike webtuiste in Afrikaans.

Daar is egter iets wat my pla en wat werklik jammer is.

Wanneer ek na die lys van lede kyk, sien ek dat daar gereeld nuwe lede aansluit, wat verblydend is en waarvoor ‘n mens dankbaar is, maar onder “Boodskappe Bygevoeg” sien ek geen beweging nie. Ek kan nie glo dat daar soveel lede op die tuiste is, maar dat daar geen aktiewe byvoegings verskyn nie.

Ek besef dat nie elke nuwe lid ‘n digter is nie, maar ek is nie die enigste Afrikaanse digter in ons land nie. Hoekom verskyn slegs my gedigte op die tuiste? Ek kla nie, want ek sien dit word gelees en daarvoor is ek baie dankbaar, want selfs as slegs een van my gedigte vir iemand daarbuite iets positiefs kan beteken, sal dit my die gelukkigste mens maak. Dit is al wat ek wil bereik. Ek wonder net waar al die ander digters hulle gedigte plaas. Voor 2017 was Woes.co.za die plek, maar nou is dit nie meer daar nie.

Alle voorsped met Gesellig.
Re: Baie dankie Gesellig [boodskap #140106 is 'n antwoord op boodskap #140094] Vr, 26 Augustus 2022 16:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 46
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
Dankie vir die kompliment. Soos meer mense die webwerf ontdek, sal dinge hopelik met tyd verbeter. Dit lyk egter of mense deesdae sosiale media eerder as forums verkies. Die probleem met sosiale media is dat boodskappe nie noodwendig toeganklik is nie (almal is byvoorbeeld nie op Faceboek nie). Verder verdwyn die boodskappe na 'n paar dae, maande of jare, en dan is daar geen spoor daarvan nie.

Jammer om te hoor dat Woes.co.za nie meer aktief is nie. Ons kan maklik hulle data hier laai, as hulle dit beskikbaar sou stel.

Terloops, ek het die meeste van jou gedigte gelees en moet sê dat jy 'n besonderse talent het.
Pos gerus meer!
Re: Baie dankie Gesellig [boodskap #140129 is 'n antwoord op boodskap #140106] Ma, 29 Augustus 2022 13:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
Ek is werklik dankbaar dat ek in die pragtige tyd voor die koms van komper, selfoon en digitale kommunikasie grootgeword het, want dit het ons geleer om innoverend te wees. Ons moes met ‘n potlood, uitveër, pen, liniaal, skêr, gom en papier en ‘n kopiëermasjien doen wat vandag se mense met ‘n kompermuis en -klawerbord doen. Sommige van ons het darem ook ‘n tikmasjien gehad, waarmee ons die potlood, pen en liniaal mee kon vervang. Dit beteken dat wanneer die elektrisiteit afgeskakel is of die komper van lyn af is, ons nogsteeds kan doen wat ons wil doen, terwyl vandag se mense met dom gesigsuitdrukkings verveeld rondsit. Dit is die enkele rede waarom dienslewering vandag oral se swak is, want niemand dink meer innoverend nie. Wanneer ‘n diens gelewer moet word, moet ‘n komper nie die rede wees waarom dit nie kan gebeur nie.
Dit was die tyd voor sosiale media toe penmaats nog ‘n werklikheid was. Om met penmaats te kon korrespondeer, moes ons tussen ‘n pen en ‘n tikmasjien en tussen ‘n skryfblok met koeverte, ‘n aerogram en ‘n poskaart kies. Verder het ons ‘n wye keuse van posseëls gehad wat ons op die posstuk kon plak nadat elke posseël eers met die tong natgelek moes word. Selfs die koevert was met die lek van die tong verseël. Daarna moes ons tussen seepos en lugpos kies. ‘n Posstuk per seepos het 14 dae geneem om Europa te bereik terwyl dit per lugpos 2 dae kon neem.
Daar was ‘n werklike band tussen penmaats as gevolg van ‘n werklike straatadres, ‘n persoonlike en unieke handskrif en selfs ‘n eie reuk aan elke posstuk. Sonder om na die afsender se adres agterop die posstuk te kyk, het die handskrif gewys van wie die posstuk afkomstig was. Toe ek in std. 5 op skool was, het ek 52 penmaats in lande rondom die aarde gehad met wie ek in Afrikaans, Engels, Frans, Italiaans en Esperanto gekorrespondeer het. In std. 6 het Duits en in std. 9 het Russies ook bygekom. Dit het baie deure na kontak vir my oopgemaak en was soveel keer meer persoonlik as vandag se sosiale media.
Mag daar nog sommer baie verhale en artikels op Gesellig verskyn.
Re: Baie dankie Gesellig [boodskap #140130 is 'n antwoord op boodskap #140129] Ma, 29 Augustus 2022 13:36 Na vorige boodskap
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
Baie dankie vir die terugvoer en die kompliment. Ek waardeer dit. Ja, ek hoor wat jy sê, maar as ‘n ekstrovert is dit egter vir my moeilik om te begryp waarom iemand iets sou hê om op sosiale media te deel, maar dit dan nie op ‘n forum wou deel nie. Self is ek nie op enige sosiale media nie en omrede ek ‘n ekstrovert is, kan ek nie namens introverte praat nie, want dit is ‘n begrip wat ek nie verstaan nie.
Vorige onderwerp: Telegram
Volgende onderwerp: Huisreëls
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 08:55:05 MGT 2024