Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kalbas
kalbas [boodskap #140085] Di, 23 Augustus 2022 15:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kalbasse
Kalbasse
kalbas
Afbreking: kal•bas


Selfstandige naamwoord: kalbas
Meervoud: kalbasse
Verkleinwoord: kalbassie
Meervoud van verkleining: kalbassies

Betekenis:
• Die vrug van die kalbasplant, of die harde, uitgedroogde dop daarvan.
• 'n Pampoenagtige klimplant met wit blomme, Lagenaria vulgaris.

Gebruik:
• Hy drink 'n kalbas vol bier.
• Sy gooi die kalbasse nat.

Spreekwoord:
• Iemand 'n kalbas vir 'n komkommer gee. [Iemand kul.]
• So vas soos 'n muis in 'n kalbas. [Heeltemal vasgekeer.]

Afgelei:
• kalbasagtig
• kalbasblaar
• kalbasblom
• kalbasboom
• kalbasbredie
• kalbasdop
• kalbaskop
• kalbasmelk
• kalbaspeer
• kalbasplant
• kalbaspyp
• kalbasstruik
• kalbasviool
• kalbasvol

Vertaling:
Engels: calabash, gourd
Nederlands: kalbas

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: grootmeneer
Volgende onderwerp: doenig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 05:55:47 MGT 2024