Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » slimjan
slimjan [boodskap #140083] Ma, 22 Augustus 2022 17:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
slimjan
Afbreking: slim•jan
Samestelling: slim + jan


Selfstandige naamwoord: slimjan
Meervoud: slimjanne

Betekenis:
• Iemand wat baie slim is, of alewig van beter weet.

Gebruik:
• Hy hou homself grootmeneer en slimjan agter sy rekenaar, waar besef nie hoe min hy regtig oor die onderwerp weet nie.

Sinoniem:
• beterweter
• slimkous
• weetal
• wysneus

Antoniem:
• domjan

Vertaling:
Engels: smart aleck, know-it-all, smartass
Nederlands: betweter, wijsneus

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bloeddrukmeter
Volgende onderwerp: grootmeneer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 12:15:07 MGT 2024