Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe » mp3 met Afrikaanse tekste
mp3 met Afrikaanse tekste [boodskap #140026] Do, 18 Augustus 2022 10:38 na volgende boodskap
Matjan Tutul  is tans af-lyn  Matjan Tutul
Boodskappe: 2
Geregistreer: Augustus 2022
Karma: 0
Junior Lid
Ek is 'n Nederlander en wil my Afrikaaanse uitspraak verbeter. Is daar Afrikaanse boeke op mp3 opgeneem wat my kan help? Of is daar iemand wat vir my Afrikaanse tekste op mp3 kan opneem?
Re: mp3 met Afrikaanse tekste [boodskap #140027 is 'n antwoord op boodskap #140026] Do, 18 Augustus 2022 11:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Welkom op die forum!

Die Bybel in Afrikaans is op Telegram in mp3-formaat as u sou belangstel:
https://t.me/BYBEL_IN_AFRIKAANS

Naas dit het radiostasies soos RSG en Pretoria FM gewoonlik goeie podsendings:
https://www.rsg.co.za/
https://www.pretoriafm.co.za/

Nuus24 kan dalk ook tot nut wees, maar verys 'n subskripsie:
https://www.netwerk24.com/netwerk24/kyk-en-luister/podsendin gs

Lekker luister!
Re: mp3 met Afrikaanse tekste [boodskap #140033 is 'n antwoord op boodskap #140027] Do, 18 Augustus 2022 13:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Matjan Tutul  is tans af-lyn  Matjan Tutul
Boodskappe: 2
Geregistreer: Augustus 2022
Karma: 0
Junior Lid
Dankie vir jou skakels.
Indien moontlik verkies ek klank saam met hul tekste. Ek doen dit wanneer ek my Duits, Portugees en Maleis oefen. Vir Duits het ek die boek "Die Naschmarktmorde" deur Gerard Loiblsberger gekoop, beide in druk en gesproke op mp3. Bestaan sulke formaat ook van Afrikaanse letterkunde? Byvoorbeeld boeke van Dalene Matthee, of Fanie se veldskooldae deur P J Schoeman.('n Gunsteling van my jeug)
Vir Portugees en Maleis het ek tekste wat deur moedertaalsprekers van my familie opgeneem is. So iets is dalk ook 'n oplossing vir my studie van Afrikaans.
Ek het 'n Afrikaanse bybel, maar sulke tekste is tog minder geskik. Dis 'n ongewone, verhewe, nie-alledaagse taalgebruik.
Dit gaan nie net oor uitspraak nie, maar ook om my woordeskat uit te brei, Ek naamlik 'n oorwegend ouditiewe geheue.
Groete!

NB Mag ek vir jou ook in Nederland skryf?

Re: mp3 met Afrikaanse tekste [boodskap #140056 is 'n antwoord op boodskap #140033] Vr, 19 Augustus 2022 20:25 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Al waaraan ek nou kan dink is die "Lees-en-luister"-toep(assing) wat deur die Virtuele Instituut vir Afrikaans uitgegee word.
Dit loop op Android en iOS en is in die toepwinkel beskikbaar.

Jy is meer as welkom om in Nederlands te pos, die meeste Afrikaanssprekendes kan Nederlands moeiteloos lees.
Vorige onderwerp: Learning Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 12:30:05 MGT 2024