Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » primitief
primitief [boodskap #139941] Sa, 13 Augustus 2022 14:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
primitief
Afbreking: pri•mi•tief


Byvoeglike naamwoord: primitief
Vergrotende trap: primitiewer
Oortreffende trap: primitiefste
Attributief: primitiewe
Partitief: primitiefs

Betekenis:
• Wat eenvoudig en ongekompliseerd is.
• Wat van 'n vroeë stadium van ontwikkeling getuig.

Gebruik:
• Die geriewe was betreklik primitief en kerkdienste is dikwels in die buitelug gehou.
• Die primitiewe volke van die vroegste tye het in ruwe onbeskaafheid rondgeswerf.

Sinoniem:
• ongekompliseerd
• onontwikkeld

Antoniem:
• modern
• ontwikkeld

Afgelei:
• primitiwiteit

Vertaling:
Engels: primitive
Nederlands: primitief

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: soldoedie
Volgende onderwerp: skadubeeld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 04:38:42 MGT 2024