Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bunker
bunker [boodskap #139831] Sa, 30 Julie 2022 11:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die ingang na 'n bunker.
Die ingang na 'n bunker.
bunker
Afbreking: bun•ker


Selfstandige naamwoord: bunker
Meervoud: bunkers
Verkleinwoord: bunkertjie
Meervoud van verkleining: bunkertjies

Betekenis:
• Bergruimte in 'n skip vir brandstof, olie, steenkool, ens.
• Ondergrondse ruimte wat met beton versterk is vir die beveiliging teen aanvalle en rampe.

Gebruik:
• Die kole word in die skip se bunker gelaai.
• Ons skuil in die bunker terwyl ons wag dat die tornado oorwaai.

Sinoniem:
• bomskuiling
• skuilplek
• skuilkelder

Afgelei:
• bunkerbrandstof
• bunkerdeur
• bunkerkole
• bunkerlamp
• bunkerlig
• bunkertenk

Vertaling:
Engels: bunker
Nederlands: bunker


Werkwoord: bunker
Verlede tyd: het gebunker

Betekenis:
• Om in 'n bunker te skuil, of iets in 'n bunker in te laai.

Gebruik:
• Het die skip genoeg brandstof vir die vaart gebunker?

Vertaling:
Engels: to bunker
Nederlands: bunkeren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kwesel
Volgende onderwerp: dodo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 04:27:29 MGT 2024