Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kwesel
kwesel [boodskap #139830] Vr, 29 Julie 2022 19:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kwesel
Afbreking: kwe•sel


Selfstandige naamwoord: kwesel
Meervoud: kwesels

Betekenis:
• (ongewoon) Iemand, veral 'n meisie, wat uiters vroom lewe, of voorgee om besonder vroom te wees.

Gebruik:
• Sy is 'n toegewyde kwesel.

Spreekwoord:
• Daar is geen groter esel as 'n kwesel.

Sinoniem:
• dweper
• femelaar
• huigelaar
• skynheilige

Vertaling:
Engels: excessively devoted person, bigot
Nederlands: kwezel


Werkwoord: kwesel
Verlede tyd: het gekwesel

Betekenis:
• Om oordrewe vroom en aanstellerig te wees.

Gebruik:
• Al kwesel jy, God bly lief vir jou!

Sinoniem:
• dweep
• femel
• huigel

Afgelei:
• kweselaar
• kweselagtig
• kweselary

Vertaling:
Engels: to cant, play the bigot
Nederlands: kwezelen

Nota:
• 'n Kwesel was vroeër die naam vir 'n Katolieke vrou wie 'n gelofte van kuisheid afgelê het, maar nie aan 'n orde behoort het nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gottabeentjie
Volgende onderwerp: bunker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 04:27:18 MGT 2024