Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verkenning
verkenning [boodskap #139812] Do, 28 Julie 2022 08:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verkenning
Afbreking: ver•ken•ning
Samestelling: verken + -ing
Uitspraak: /fərˈkɛ.nəŋ/


Selfstandige naamwoord: verkenning
Meervoud: verkenninge, verkennings
Verkleinwoord: verkenninkie
Meervoud van verkleining: verkenninkies

Betekenis:
• Die handeling van verken ('n onbekende gebied ondersoek).

Gebruik:
• Die verkenning van Mars met wenteltuie, landingstuie en dwaalrobotte het reeds in die 1960's begin.

Sinoniem:
• bespieding
• eksplorasie

Hiponiem:
• ruimteverkenning
• selfverkenning
• terreinverkenning

Afgelei:
• verkenningsdiens
• verkenningskip
• verkenningskomitee
• verkenningskorps
• verkenningspatrollie
• verkenningstog
• verkenningstroepe
• verkenningstyd
• verkenningsvlug
• verkenningsvliegtuig
• verkenningswerk

Vertaling:
Engels: reconnaissance, scouting, exploration
Nederlands: verkenning

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skooier
Volgende onderwerp: wedervaring
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 07:08:40 MGT 2024