Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » produksie
produksie [boodskap #139703] Sa, 16 Julie 2022 08:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
produksie
Afbreking: pro•duk•sie


Selfstandige naamwoord: produksie
Meervoud: produksies
Verkleinwoord: produksietjie
Meervoud van verkleining: produksietjies

Betekenis:
• Die vervaardiging van goedere en produkte.
• Dit wat geproduseer (vervaardig of voortgebring) is.

Gebruik:
• As gevolg van die staking is alle produksie by die fabriek tydelik gestaak.
• Die kunstenaar werk aan sy derde produksie van die jaar.

Hiponiem:
• geluidproduksie
• ghwanoproduksie
• goudproduksie
• graanproduksie
• grondstofproduksie
• hooiproduksie
• kaasproduksie
• klereproduksie
• kunsproduksie
• massaproduksie
• munisieproduksie
• onderproduksie
• oorproduksie
• reproduksie
• steenkoolproduksie
• swaelproduksie
• topproduksie
• veselproduksie
• voedselproduksie

Afgelei:
• produksieapparaat
• produksiebaan
• produksiebeampte
• produksiebeperking
• produksiebonus
• produksiedoelstellig
• produksiefaktor
• produksiegroep
• produksiekoste
• produksielopie
• produksiemiddel
• produksielot
• produksiepeil
• produksieplan
• produksieproses
• produksieprys
• produksiestandaard
• produksietempo
• produksievermoë

Vertaling:
Engels: production
Nederlands: productie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: mebos
Volgende onderwerp: grondwet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 06:52:31 MGT 2024