Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mediaan
mediaan [boodskap #139689] Do, 14 Julie 2022 20:48
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mediaan
Afbreking: me•di•aan


Selfstandige naamwoord: mediaan
Meervoud: mediane

Betekenis:
• Die middeweg, middellyn of posisie êrens in die middel.
• (statistiek) Middelwaarde van 'n gesorteerde datastel, of die gemiddelde van die twee middelste getalle.
• (meetkunde) Swaartelyn van 'n driehoek; lyn wat 'n hoekpunt met die middel van die teenoorstaande sy verbind.
• (verouderd) Ou papierformaat, 47 cm × 56 cm.
• (verouderd) Tipografiese eenheid met puntgrootte 11.

Gebruik:
• Die mediaan van 'n stel getalle is die getal waar die helfte van die getalle laer is en die helfte van die getalle is hoër.
• Die mediaan verdeel die driehoek in twee gelyke dele.

Afgelei:
• mediaanformaat
• mediaanletter
• mediaanlyn
• mediaanpapier
• mediaanvlak

Afkorting:
• med.

Vertaling:
Engels: median
Nederlands: mediaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: indeel
Volgende onderwerp: vervaardiger
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 06:47:31 MGT 2024