Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skelmstreek
skelmstreek [boodskap #139652] Vr, 08 Julie 2022 15:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skelmstreek
Afbreking: skelm•streek
Samestelling: skelm + streek


Selfstandige naamwoord: skelmstreek
Meervoud: skelmstreke

Betekenis:
• 'n Slinkse plan om iemand uit te vang; onderduimse handeling.

Gebruik:
• Pasop dat die boewe jou nie met 'n skelmstreek vang nie.
• Die nikswerd is voortdurend op kwaad uit en is altyd met 'n skelmstreek besig.

Sinoniem:
• bedrieëry
• jakkalsstreek
• judasstreek
• oneerlikheid
• skelmstuk
• slenter
• slinksheid
• sluheid
• verneukery
• verneukspul

Vertaling:
Engels: underhand dealing, piece of dishonesty, dirty trick
Nederlands: schelmenstreek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: spogter
Volgende onderwerp: anderdag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 12:49:16 MGT 2024