Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » herdenking
herdenking [boodskap #139562] Ma, 20 Junie 2022 09:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
herdenking
Afbreking: her•den•king
Samestelling: herdenk + -ing


Selfstandige naamwoord: herdenking
Meervoud: herdenkinge, herdenkings
Verkleinwoord: herdenkinkie
Meervoud van verkleining: herdenkinkies

Betekenis:
• Die handeling of daad van herdenk. Gebeurtenis waar iets uit die verlede gevier word.

Gebruik:
• Die honderdjarige herdenking van die Slag by Amajuba het in 1981 plaasgevind.

Sinoniem:
• nagedagtenis
• viering
• terugblik

Hiponiem:
• gelofteherdenking
• huweliksherdenking
• troudagherdenking

Afgelei:
• herdenkingsalbum
• herdenkingsdag
• herdenkingsdiens
• herdenkingsfees
• herdenkingsjaar
• herdenkingsplegtigheid
• herdenkingseël

Vertaling:
Engels: commemoration, anniversary
Nederlands: herdenking

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: statuur
Volgende onderwerp: herdenk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 06:38:52 MGT 2024