Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » halsstarrig
halsstarrig [boodskap #139463] Ma, 30 Mei 2022 13:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
halsstarrig
Afbreking: hals•star•rig
Samestelling: hals (nek) + star (styf) + -ig


Byvoeglike naamwoord: halsstarrig
Vergrotende trap: halsstarriger
Oortreffende trap: halsstarrigste
Attributief: halsstarrige
Partitief: halsstarrigs

Betekenis:
• Wat koppig/hardnekkig is en nie bereid is om toe te gee nie.

Gebruik:
• Hy wil rugby speel en het halsstarrig geweier om in die koor te sing.
• Die halsstarrige koei wil nie in die kraal inloop nie.

Sinoniem:
• dwars
• dwarstrekkerig
• eiesinnig
• eiewys
• hardgebak
• hardkoppig
• hardnekkig
• koppig
• onbuigsaam
• onhandelbaar
• ontoegeeflik
• onversetlik
• steeks
• stroomop
• styfhoofdig
• wederstrewig
• weerbarstig
• weerspannig

Afgelei:
• halsstarrigheid

Vertaling:
Engels: stiff-necked, stubborn, obstinate
Nederlands: halsstarrig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: redding
Volgende onderwerp: inkruip
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 06:27:53 MGT 2024