Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » prestasie
prestasie [boodskap #139267] Wo, 20 April 2022 10:22
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
prestasie
Afbreking: pre•sta•sie


Selfstandige naamwoord: prestasie
Meervoud: prestasies
Verkleinwoord: prestasietjie
Meervoud van verkleining: prestasietjies

Betekenis:
• 'n Moeilike doel wat bereik is.
• Werkverrigting.

Gebruik:
• Sewe onderskeidings is 'n verstommende prestasies!
• Hoë-oktaan brandstof sal die prestasie van u motor verbeter.

Sinoniem:
• onderskeiding
• oorwinning
• realisasie
• sukses
• uitvoering
• verrigting
• vervulling
• verwesenliking
• werkverrigting

Afgelei:
• kontraprestasie
• kultuurprestasie
• leerlingprestasie
• onderprestasie
• prestasiebeoordeling
• prestasiebeurs
• prestasiebevel
• prestasiebonus
• prestasiediagram
• prestasiedruk
• prestasieindeks
• prestasiekoëffisiënt
• prestasiekontrole
• prestasiemeting
• prestasiesug
• prestasietelling
• prestasietoets
• prestasieverbetering
• prestasievermoë
• prestasievlak
• sakeprestasie
• skoolprestasie
• teenprestasie
• topprestasie
• wanprestasie

Vertaling:
Engels: achievement, feat; performance
Nederlands: prestatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: posmeester
Volgende onderwerp: moedertaalonderrig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 08:44:30 MGT 2024