Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » patrollie
patrollie [boodskap #139256] Ma, 18 April 2022 12:34
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
patrollie
Afbreking: pa•trol•lie


Selfstandige naamwoord: patrollie
Meervoud: patrollies
Verkleinwoord: patrollietjie
Meervoud van verkleining: patrollietjies

Betekenis:
• 'n Klein groep wat verkenning doen om seker te maak dat alles in orde is.

Gebruik:
• Pasop dat die patrollie nie in 'n lokval gelei word nie.

Sinoniem:
• verkenningstroep

Hiponiem:
• blitspatrollie
• skolliepatrollie
• skolierpatrollie
• sluippatrollie
• verkenningspatrollie
• voetpatrollie

Afgelei:
• patrollieboot
• patrolliediens
• patrolliehond
• patrollielid
• patrolliemotor
• patrollievoertuig
• patrolliewerk

Vertaling:
Engels: patrol
Nederlands: patrouille

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

Vorige onderwerp: patrioties
Volgende onderwerp: pendoring
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 08:57:51 MGT 2024