Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Canada ? Vergeet daarvan
Canada ? Vergeet daarvan [boodskap #13889] So, 19 April 1998 00:00 na volgende boodskap
KM  is tans af-lyn  KM
Boodskappe: 34
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Volle Lid
Is daar vryheid in Canada ?
Onthou hierdie land het n persvryheid soos in die ou Rusland en in die
somer baie sogenaamde "Blackflies" hulle steek jou lekker en onthou daar
is baie.
Ek het baie mooi in Canada rondgekyk en dit maar gelos groete en help
bou aan n nuwe verbeterde Suid Afrika. Baie opsies het ek daar gesien.

Groete een liefde uit Holland
Re: Canada ? Vergeet daarvan [boodskap #13890 is 'n antwoord op boodskap #13889] So, 19 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
KM writes: >
Is daar vryheid in Canada ?

Ja, jy is vry om te vry in
Kanada. Ons het ook die beste
sangeresse in Kanada (Celine
Dion die grootste geldmaker
op die oomblik in die wereld,
Shania Twain ens. Ons het ook
die beste komediante.

> Onthou hierdie land het n persvryheid soos in die ou Rusland

Kan jy bietjie verduidelik?

> en in die
> somer baie sogenaamde "Blackflies" hulle steek jou lekker en onthou daar
> is baie.

Ha, ha, ha - nou weet jy hoekom Kanadese
so baie in karre ry van punt A na punt B,
selfs al is dit net tweehonderd jaarts.

> Ek het baie mooi in Canada rondgekyk en dit maar gelos

Ha, ha, ha.

groete en help
> bou aan n nuwe verbeterde Suid Afrika. Baie opsies het ek daar gesien.
>
> Groete een liefde uit Holland

Amen.
>
Re: Canada ? Vergeet daarvan [boodskap #13891 is 'n antwoord op boodskap #13889] So, 19 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KM  is tans af-lyn  KM
Boodskappe: 34
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote:

> KM writes: >
> Is daar vryheid in Canada ?
>
> Ja, jy is vry om te vry in
> Kanada.

Dis ook vry om te vry in SA het jy nie geweet nie ? Jy moes beter opgelet
het, dit is soos baie boere in SA hulle het nie geweet nie. Nou is die
swartes in die meerderheid.

> Ons het ook die beste
> sangeresse in Kanada (Celine
> Dion die grootste geldmaker
> op die oomblik in die wereld,
>

Ek glo dat inkomste nie bepalend is vir om die beste sanger in die wereld te
wees, ek glo dat SA ook baie goeie sangeresse het, ek dink aan Rina Hugo,
Laurika Rauch, Juanita Claasse en andere.

> Shania Twain ens. Ons het ook
> die beste komediante.
> SA het net sulke goeie komediante ooit gehoor van Leon Schuster ?

>> Onthou hierdie land het n persvryheid soos in die ou Rusland
>
> Kan jy bietjie verduidelik?
> Vra n bietjie in Toronto in Carltonstreet 106 vra naar mnr Ernst hy sal jou
> wys hoe vry dit is en watter sensuur daar is, jy sal skrik kry.

>> en in die
>> somer baie sogenaamde "Blackflies" hulle steek jou lekker
> en onthou daar
>> is baie.
>
> Ha, ha, ha - nou weet jy hoekom Kanadese
> so baie in karre ry van punt A na punt B,
> selfs al is dit net tweehonderd jaarts.
> Baie lekker polution, maar dit is nie die verskoning, hoekom het jy die
> land gelos is dit vir Mandela dan se ek jy is reg. Tog se ek daar is meer
> wat ek sal verkies om in SA te bly.

>

>> Ek het baie mooi in Canada rondgekyk en dit maar gelos
>
> Ha, ha, ha.
>
> groete en help
>> bou aan n nuwe verbeterde Suid Afrika. Baie opsies het ek daar gesien.
>>
>> Groete een liefde uit Holland
>
> Amen.
>>

Ook weet ek dat die Kanadese niks weet oor tradisies, historie, hulle koppe
is soos n Amerikaner hulle het nie baie interesses nie, voornamelik Football
en n enkele ander sport.
Hulle dink Nederland le in Amsterdam en is n deel van Duitsland aan die grens
van Europa, jy sal weet hulle weet nie beter nie.

Ek bly se die nuwe toekoms le in SA en nie op n ander plek nie, maar nie
onder n swart regering baie swartes is al (gatvol) van ANC en sulke goed.

Opregte groete en sterkte in Kanada
Kees
Re: Canada ? Vergeet daarvan [boodskap #13898 is 'n antwoord op boodskap #13889] Ma, 20 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >
> KM wrote in message . ..
>
>> Ook weet ek dat die Kanadese niks weet oor tradisies, historie, hulle koppe
>> is soos n Amerikaner hulle het nie baie interesses nie, voornamelik Football
>> en n enkele ander sport.
>> Hulle dink Nederland le in Amsterdam en is n deel van Duitsland aan die grens
>> van Europa, jy sal weet hulle weet nie beter nie.
>
> Hulle sê die Kanadese kon Franse kookkuns, Engelse tradisie en Amerikaanse
> organisasie gehad het. Maar dit blyk hulle het Franse organsiasie, Engelse
> kookkuns en Amerikaanse tradisie.
>
> Groete, Leendert
>
KM en Leendert, julle patetiese
white male chauvinist pigs, wat
uit julle benepe ou wit breintjies
sit en pontifikeer oor "Kanadese"
en daarmee bedoel die "wit mense"
in Kanada. (Het julle al ooit opge-
merk dat julle velle nie eintlik
wit is nie?) Kanada is 'n bevolking
van honderde Eerste Nasies en mense
wat van kontinente ander as Europa
hierheen verhuis het. In die skole
presteer die "wit" afstammelinge nie
so vreeslik goed nie. Hulle word
gereeld in die stof geslaan deur
mense van Indiese en Asiatiese
oorsprong.

Gloudina
Re: Canada ? Vergeet daarvan [boodskap #13899 is 'n antwoord op boodskap #13889] Ma, 20 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
KM wrote in message ...

> Ook weet ek dat die Kanadese niks weet oor tradisies, historie, hulle koppe
> is soos n Amerikaner hulle het nie baie interesses nie, voornamelik Football
> en n enkele ander sport.
> Hulle dink Nederland le in Amsterdam en is n deel van Duitsland aan die grens
> van Europa, jy sal weet hulle weet nie beter nie.

Hulle sê die Kanadese kon Franse kookkuns, Engelse tradisie en Amerikaanse
organisasie gehad het. Maar dit blyk hulle het Franse organsiasie, Engelse
kookkuns en Amerikaanse tradisie.

Groete, Leendert
Re: Canada ? Vergeet daarvan [boodskap #13923 is 'n antwoord op boodskap #13889] Di, 21 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
andr...  is tans af-lyn  andr...
Boodskappe: 62
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
Duidelik kan jy nie baie goed onthou nie. So 'n maand of wat terug het jy
ook die stelling gemaak en iemand het jou daarop gewys hoekom die immigrante
beter sal doen as die gemmiddeld. Maak jy alweer jou naam piesang nè!

Lekker slaap

@igs.net wrote in message ...
In die skole
> presteer die "wit" afstammelinge nie
> so vreeslik goed nie. Hulle word
> gereeld in die stof geslaan deur
> mense van Indiese en Asiatiese
> oorsprong.
>
> Gloudina
Re: Canada ? Vergeet daarvan [boodskap #13924 is 'n antwoord op boodskap #13889] Di, 21 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ag siestog Gloudina!

Het voortdurende morele masturbasie nou al jou humorsin ook weggevreet?

Of is daar 'n ander rede waarom ek jou moet herinner dat jy hierdie
identiese stukkies politieke korrektheid al tevore - met min sukses - as
vaandel probeer uithang het.

Ek is heeltemal gewillig om my antwoorde op jou vorige pogings weer te
plaas, maar miskien kan ons begin deur te vra: watter persentasie van die
bevolking van Kanada bestaan uit die "honderde Eerste Nasies"?

Vriendelike groete, Leendert

@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >

>> Hulle sê die Kanadese kon Franse kookkuns, Engelse tradisie en Amerikaanse
>> organisasie gehad het. Maar dit blyk hulle het Franse organsiasie, Engelse
>> kookkuns en Amerikaanse tradisie.
>>
>> Groete, Leendert
>>
> KM en Leendert, julle patetiese
> white male chauvinist pigs, wat
> uit julle benepe ou wit breintjies
> sit en pontifikeer oor "Kanadese"
> en daarmee bedoel die "wit mense"
> in Kanada. (Het julle al ooit opge-
> merk dat julle velle nie eintlik
> wit is nie?) Kanada is 'n bevolking
> van honderde Eerste Nasies en mense
> wat van kontinente ander as Europa
> hierheen verhuis het. In die skole
> presteer die "wit" afstammelinge nie
> so vreeslik goed nie. Hulle word
> gereeld in die stof geslaan deur
> mense van Indiese en Asiatiese
> oorsprong.
>
> Gloudina
Re: Canada ? Vergeet daarvan [boodskap #13951 is 'n antwoord op boodskap #13889] Wo, 22 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Nico" writes:
>
> Noem 'n ding en 'n mens op sy naam Gloudina! 'n Witman is 'n witman, en 'n
> Indiaan is 'n Indiaan of 'n Rooihuid. Die ou "skuilnaampies" wat jy
> gebruik is baie vals, deursigtig en plein stupid.

Armsalige ou Nico. Pontifikerende ou Nico.

>
> Gloudina, kom ons probeer iets: - jy is 'n mooi mens, en die mense om jou
> is ook mooi, en die mense binne en buite Suid Afrika is mooi mense. Dink
> net mooi dinge van jouself en van die mense met wie jy kontak het. Dit
> gaan help. Jy moet net volhou met positiewe gedagtes, dan sal jy sien, jy
> voel beter oor jouself en mense om jou!
>
> Nico

Prekende ou Nico. Vertel jy vir die
Minnesotane om jou ook wat om te dink,
hoe om te dink, watter kleur hulle is?
Re: Canada ? Vergeet daarvan [boodskap #13952 is 'n antwoord op boodskap #13889] Wo, 22 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Nico" writes:

> Kyk mooi - hier adverteer die ou tannie weer dat haar vel nie wit is nie -
> ek reken sy is beslis kleurling.

> Nico

Armsalige stupid ou Nico, wat
in agonie is omdat hy nie kan
besluit of ek nou wit of nie-wit
is nie. Wat 'n menslike kondisie
om in te wees.
Re: Canada ? Vergeet daarvan [boodskap #13953 is 'n antwoord op boodskap #13889] Wo, 22 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...
| >
| KM en Leendert, julle patetiese
| white male chauvinist pigs, wat
| uit julle benepe ou wit breintjies
| sit en pontifikeer oor "Kanadese"
| en daarmee bedoel die "wit mense"
| in Kanada. (Het julle al ooit opge-
| merk dat julle velle nie eintlik
| wit is nie?) Kanada is 'n bevolking
| van honderde Eerste Nasies en mense
| wat van kontinente ander as Europa
| hierheen verhuis het. In die skole
| presteer die "wit" afstammelinge nie
| so vreeslik goed nie. Hulle word
| gereeld in die stof geslaan deur
| mense van Indiese en Asiatiese
| oorsprong.
|
| Gloudina
|

Hier haak die ou tannie se grammiefountjie nou heel vas - ons het mos al
hierdie argument / plasing gesien; amper netso woordeliks met dieselfde
swak redenasie en patetiese bewoording.

Noem 'n ding en 'n mens op sy naam Gloudina! 'n Witman is 'n witman, en 'n
Indiaan is 'n Indiaan of 'n Rooihuid. Die ou "skuilnaampies" wat jy
gebruik is baie vals, deursigtig en plein stupid.

Kyk mooi - hier adverteer die ou tannie weer dat haar vel nie wit is nie -
ek reken sy is beslis kleurling.

Gloudina, kom ons probeer iets: - jy is 'n mooi mens, en die mense om jou
is ook mooi, en die mense binne en buite Suid Afrika is mooi mense. Dink
net mooi dinge van jouself en van die mense met wie jy kontak het. Dit
gaan help. Jy moet net volhou met positiewe gedagtes, dan sal jy sien, jy
voel beter oor jouself en mense om jou!

Nico
Re: Canada ? Vergeet daarvan [boodskap #14012 is 'n antwoord op boodskap #13889] Vr, 24 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SizweBanzi  is tans af-lyn  SizweBanzi
Boodskappe: 44
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Volle Lid
> "Nico" wrote

> Dis wonderlik om positief te wees oor die lewe - om nou en dan sommer so
> spontaan vir die Skepper te sê dankie, dis vir jou lekker om te lewe en om
> goed te voel daaroor.

En dan sommer so op dieselfde dag iemand uit te kryt as 'n kleurling viswyf in
'n bevooroordeelde en rassistiese manier. die skepper het lankal jou
bespreking vir iemand anders gegee, jou rassis.

> Ek hoef nie vir die Minnesotans te sê wat om te dink nie - ek is omring van
> hoogs intelegente mense wat vir hulleself kan dink.

Miskien kan jy van hulle leer.

> En die mense wat nie
> so intelegent is nie, is wyd belese (het nou een oggend in 'n restaurant
> gesit en luister hoe 'n klompie locals, hande arbeiders, dinge bespreek
> soos die voordele van 'n sekere soort lugdruk boor, die voor of nadele van
> Amerikaanse kar koop en die stand van hulle aandele op die effekte beurs.

Herinner my aan 'n Herero troue in Namibia, so sewe jaar gelede, toe ek om die
heilige vuur gesit het met die elders van die groep. Oopmond het ek gesit en
luister na die filosofiese, antropologiese, en sosiologiese wysheid rondom
hierdie vuur - en dit by mense wat nooit skool gegaan het nie. Of die ander
voorbeeld toe ek 'n paar dae op die Lakota native american reservaat
deurgebring het, of die keer op die trein tussen Bonteheuwel en Kaapstad, of
daai ander keer tussen die peasants in die italiaanse alpe. Minnesota, oftewel
die VSA, het nie alleenreg op intelligensie nie, nog minder is intelligensie
vergelykbaar met wysheid wat na my mening veel meer respek afdwing en regoor
die wereld voorlom, onafhanklik van die lys grade agter jou naam.

>Ek het jou ook al voorheen gesê ek probeer my maar beskeie hou in my nuwe
> land

Miskien IN, maar definitief nie OOR jou nuwe land nie. Te oordeel aan jou
bydraes hier kak jy amerika.

> hier is nie baie mense met
> identiteitskrisisse hier nie.

Stront. Weliswaar is 'n "identiteitskrisis" 'n goeie ding want dit gaan
gepaard met self ontwikkelling en behoort 'n lewenslange proses te wees. Oscar
Wilde het gese: "Only the shallow know themselves". Dit spreek boekdele vir
jouself en die mense waarmee jy jou omring. Maar ons het seker nie Oscar
Wilde nodig hiervoor nie, ne Nico - Jy doen 'n goeie job jouself om ons te wys
op jou kreatiewe en intellektuele beperkinge ('n Poseur, dis al - en die Pol
Pot faux pas is die minste van die rede vir hierdie beoordeling)
Re: Canada ? Vergeet daarvan [boodskap #14013 is 'n antwoord op boodskap #13889] Vr, 24 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...
| Armsalige stupid ou Nico, wat
| in agonie is omdat hy nie kan
| besluit of ek nou wit of nie-wit
| is nie. Wat 'n menslike kondisie
| om in te wees.
|
|
Moenie jouself bluf om te dink enigeen gaan sommer in agony in oor jou nie,
ou tante. Dis maar bloot 'n amuserende speletjie om te probeer raai en
aflei uit jou plasings. Soos 'n legkaart wat stadig gebou word.

Nico
Re: Canada ? Vergeet daarvan [boodskap #14014 is 'n antwoord op boodskap #13889] Vr, 24 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| Armsalige ou Nico. Pontifikerende ou Nico.

Jong ek dink nie die pous gaan te bly wees oor die manier waaroor jy van my
skryf nie - ek dink hy eis die alleenreg om te pontifikeer.

| > Gloudina, kom ons probeer iets: - jy is 'n mooi mens, en die mense om jou
| > is ook mooi, en die mense binne en buite Suid Afrika is mooi mense. Dink
| > net mooi dinge van jouself en van die mense met wie jy kontak het. Dit
| > gaan help. Jy moet net volhou met positiewe gedagtes, dan sal jy sien, jy
| > voel beter oor jouself en mense om jou!
|
| Prekende ou Nico. Vertel jy vir die
| Minnesotane om jou ook wat om te dink,
| hoe om te dink, watter kleur hulle is?
|
|
Sal jou goed doen om so nou en dan na 'n preek te luister en dit ter harte
te neem. Maar dis nie hoe dit bedoel is nie - soos 'n negatiewe preek wat
ignoreer moet word nie (dis mos wat die term sou beteken in hierdie
konteks). Ek bedoel dit werklik goed en ek hoop jy werk bietjie daaraan.
Dis wonderlik om positief te wees oor die lewe - om nou en dan sommer so
spontaan vir die Skepper te sê dankie, dis vir jou lekker om te lewe en om
goed te voel daaroor.

As jy nou als dit as pontifikeer beskou, dan sê ek maar net vir jou, ek
bedoel elke woord daarvan en ek gun jou om ook positief oor die lewe te
word.

Wys ons jy kan!

Ek hoef nie vir die Minnesotans te sê wat om te dink nie - ek is omring van
hoogs intelegente mense wat vir hulleself kan dink. En die mense wat nie
so intelegent is nie, is wyd belese (het nou een oggend in 'n restaurant
gesit en luister hoe 'n klompie locals, hande arbeiders, dinge bespreek
soos die voordele van 'n sekere soort lugdruk boor, die voor of nadele van
Amerikaanse kar koop en die stand van hulle aandele op die effekte beurs.
Ek was spyt dat my ontbyt so gou oor was, want dit was baie interesnat om
te hoor hoe 'n klomp ouens wat netnou gaan padbou, sulke dinge ernstig
bespreek.)

Ek het jou ook al voorheen gesê ek probeer my maar beskeie hou in my nuwe
land - ek weet hoe ek dit gepes het as die Hollanders en Engelse altyd uit
die buiteland uit na SA gekom het en so baie te sê gehad het oor wat ons in
die land moet doen.

Hulle weet wat hulle kleur is, Gloudina - hier is nie baie mense met
identiteitskrisisse hier nie. Die mense is oor die algemeen selfversekerd
en kalm. Jou soort histerie het ek nog nie juis hier teegekom nie.

Vanuit 'n pragtige groen lente Minnesota - alles van die beste. My
lugversorger is aan en buite is dit ver oor die 25 °C. Dit het nou in 'n
week opgewarm en al die bome het begin blare kry - ek het lanklaas so mooi
groen landskap gesien - laas in die Britse middellande en dalk hier en daar
aan die Natalse kus.

Groete
Nico

Nico
Re: Canada ? Vergeet daarvan [boodskap #14054 is 'n antwoord op boodskap #13889] So, 26 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| En dan sommer so op dieselfde dag iemand uit te kryt as 'n kleurling viswyf in
| 'n bevooroordeelde en rassistiese manier. die skepper het lankal jou
| bespreking vir iemand anders gegee, jou rassis.

Gaan kyk maar weer mooi - ek het nie gesê sy is nie, maar gesê sou sou ons
so kon laat dink as sy sou aanhou. Jou taalkennis is dalk effe gebrekkig
.?
En jy kan dit maar rassisme noem, maar ek is nie blind vir die feit dat
almal van ons verskillend gemaak is nie. En netsoos Griekse vroue (reg of
verkeerd) altyd beskuldig word van harige bene, word kleurling visvroue
daarvoor geken dat hulle taal selde kuis is.

| daai ander keer tussen die peasants in die italiaanse alpe. Minnesota, oftewel
| die VSA, het nie alleenreg op intelligensie nie, nog minder is
intelligensie

Ek het ook nie so gesê nie, gaan preek vir Gloudina - dis sy wat dink
intelegensie is net in haar deel van Kanada en dan in Afrika gesentreer
...

|
| Miskien IN, maar definitief nie OOR jou nuwe land nie. Te oordeel aan jou
| bydraes hier kak jy amerika.

...en eet en slaap en praat en verlustig my in Amerika - ja, en ek geniet
elke oomblik daarvan en ek is nie skaam daaroor nie en kan nie sien hoekom
ek dit nie mag sê nie - vertel jy eerder vir ons hoe goed en lekker jou eie
blyplek is as om ander mense af te skiet - kom ons kry eerder balans hier
in die gesprekke as net die voortdurende kritiek en afbrekendheid ( wat jy
seker by jou nuwe swart boeties ge-erf het - kan mos nie opbou nie).

Kom vertel ons hoe geniet jy dit om te bly waar jy bly - waarom bly jy daar
en waar is dit ?? Ek is ernstig en nie soos baie ander sarkasties nie - ek
wil regtig hê jy moet ons vertel.

|
| >hier is nie baie mense met
| >identiteitskrisisse hier nie.
|
| Stront. Weliswaar is 'n "identiteitskrisis" 'n goeie ding want dit gaan
| gepaard met self ontwikkelling en behoort 'n lewenslange proses te wees.

Ek gaan eerder vir Maslov se teorie en glo dat jy hoër op in die miramide
kan skuif - jy hoef nie jou lewe lank aan die klimproses in die onderste
dele van die piramiede te spandeer nie.

Oscar
| Wilde het gese: "Only the shallow know themselves".

Sy beskeie mening - glo jy dit onvoorwaardelik ?

| Jy doen 'n goeie job jouself om ons te wys
| op jou kreatiewe en intellektuele beperkinge

Jy skiet jou eie waarnemingsvermoë maar sleg af, maar kom ek stem dan maar
so effe met jou saam - ek is geen god nie en het soos alle mense ook maar
my tekortkominge. Ek het dalk net die voordeel dat ek dit weet en nie 'n
probleem daarmee het soos jy en Oscar Wilde nie. Ek weet ek kan nog my
hele lewe lank groei en dit geniet.

('n Poseur, dis al -

... wat is 'n poseur ?

en die Pol
| Pot faux pas

...dit was 'n lekker een en het ten minste weer vuur in die dooie NG
geblaas - skerp van jou om dit raak te gesien het!

is die minste rede vir hierdie beoordeling
|

... jy eien jou die reg toe om te beoordeel ...!?!?!?!? Vlieg in jou moer
in, man! Waar het jy nou al gesien so 'n snotkop soos jy kan sulke oordele
oor ander uitspreek?? Vertel eers vir ons wat al jou eie swakhede is en
dan kan jy ons s'n kom kritiseer!

Nico
Re: Canada ? Vergeet daarvan [boodskap #14055 is 'n antwoord op boodskap #13889] So, 26 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Nico" writes:

> Ek gaan eerder vir Maslov se teorie en glo dat jy hoër op in die miramide
> kan skuif - jy hoef nie jou lewe lank aan die klimproses in die onderste
> dele van die piramiede te spandeer nie.

Wens jy het dit vir die apartheidsvarke
verduidelik toe jy nog in SA was.

>
> en die Pol
> | Pot faux pas
>
> ...dit was 'n lekker een en het ten minste weer vuur in die dooie NG
> geblaas - skerp van jou om dit raak te gesien het!

Ha, ha, ha - vir eenkeer is Nico
eerlik met homself.
>

> ... jy eien jou die reg toe om te beoordeel ...!?!?!?!? Vlieg in jou moer
> in, man! Waar het jy nou al gesien so 'n snotkop soos jy kan sulke oordele
> oor ander uitspreek?? Vertel eers vir ons wat al jou eie swakhede is en
> dan kan jy ons s'n kom kritiseer!
>
> Nico

O so Nico - hoekom vertel jy nie vir ons
jou swakhede nie, voordat jy almal en nog
wat kritiseer. En vir 'n man wat vir ander
mense vertel om nie vuil te praat nie, is
jy nogal vinnig met die "moer" en die ander
soort woorde wat ek nooit my pa in sy 80
jaar hoor sê het nie.

Gloudina
Re: Canada ? Vergeet daarvan [boodskap #14117 is 'n antwoord op boodskap #13889] Di, 28 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SizweBanzi  is tans af-lyn  SizweBanzi
Boodskappe: 44
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Volle Lid
> "Nico" skryf:

> Jou taalkennis is dalk effe gebrekkig
> .?

Hel, gemeet aan jou bydraes is ek Van Wyk Louw.

> En jy kan dit maar rassisme noem, maar ek is nie blind vir die feit dat
> almal van ons verskillend gemaak is nie. En netsoos Griekse vroue (reg of
> verkeerd) altyd beskuldig word van harige bene, word kleurling visvroue
> daarvoor geken dat hulle taal selde kuis is.

Indien die storie oor die Griekse vroue waar is (ek neem jou op jou woord), is
dit 'n genetiese en bes moontlik evolusionere reaksie (net soos die bleek,
blonde skandinawiers gegee die koue). Om dan nou net hierna te praat van die
predisposisie van "kleurling visvroue" om onkuise taal te gebruik impliseer jy
dat dit juis 'n genetiese predisposisie is - hulle word so gebore en kan nie
hulself help nie. Hierin dan die regverdiging vir rassisme - hulle is
uiteraard dommer, stadiger, luier, ruik sleg en kan dit nie help nie - dis
geneties. Jy's 'n groter doos as wat ek aanvanklik gedink het.

> kom ons kry eerder balans hier
> in die gesprekke as net die voortdurende kritiek en afbrekendheid ( wat jy
> seker by jou nuwe swart boeties ge-erf het - kan mos nie opbou nie).

Eintlik het ek dit by leendert, frikkie, nico, dolfin en ander wit boeties
ge-erf - kan mos nie opbou nie.

> Ek gaan eerder vir Maslov se teorie en glo dat jy hoër op in die miramide
> kan skuif - jy hoef nie jou lewe lank aan die klimproses in die onderste
> dele van die piramiede te spandeer nie.

So asof dit 'n keuse is. Loop lees Maslow weer. Indien jou
lewensomstandigheid gerig is op oorlewing raam dit jou lewensrealiteit solank
daardie situasie geld. Ek verskil persoonlik, maar dis 'n ander debat. Maslow
se voorts duidelik dat bereiking van die hoer hierargiese range nie 'n
einddoel is in terme van tyd nie - indien jy dit bereik as jy dertig is beteken
dit nie dat jy nou op jou hande kan sit nie - jy werk nog altyd aan
aksualisering jou hele lewe lank. So hoe is dit anders van wat ek gese het.

> ... wat is 'n poseur ?
>

Frans (soos faux pas). Iemand wat 'n rol speel/voorgee hy/sy is iets wat hulle
inderwaarheid nie is nie. Soos in "'n intellektuele poseur" - iemand wat
voorgee dat hy of sy baie slim is (byvoorbeeld deur "hoe" woorde te gebruik en
altyd oor akademiese kwessie te wil praat), maar eintlik baie min intelektuele
substans het en die kwessie nie eintlik heeltemal verstaan nie (amper soos
leendert).

> ... jy eien jou die reg toe om te beoordeel ...!?!?!?!?

Ja. Net soos jy doen wanneer jy my 'n snotkop noem, Gluodina en my moer vloek,
gluodina se argumente as snert uitkryt en so meer. Soos ek vroeer gese het, ou
nico, jy is nou nie die skerpste mes in die laai nie - jy het oop oe hierin
geloop.
Re: Canada ? Vergeet daarvan [boodskap #14135 is 'n antwoord op boodskap #13889] Wo, 29 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| >Jou taalkennis is dalk effe gebrekkig
| >.?
|
| Hel, gemeet aan jou bydraes is ek Van Wyk Louw.

Bly te kenne! Ek skryf maar soos ek praat en weet nie van beter nie. As
jy my gedurig kan reghelp sal ek bly wees - dan leer ek ook iets.

| Indien die storie oor die Griekse vroue waar is (ek neem jou op jou woord), is
| dit 'n genetiese en bes moontlik evolusionere reaksie (net soos die bleek,
| blonde skandinawiers gegee die koue).

Sien, ek reken ons verwysingsraamwerk is reeds op hierdie punt verskillend
- Griekse vroue word nie geneties as anders beskou nie, maar vir 'n
wes-Europese vrou is dit belangrik om haar beenhare afgeskeer te hou.
Genetika het niks met die hele redenasie te doen nie - dis jy wat op die
verkeerde pot sit. My redenasie was hier op meer kulturele gronde gebou.

Om dan nou net hierna te praat van die
| predisposisie van "kleurling visvroue" om onkuise taal te gebruik impliseer jy
| dat dit juis 'n genetiese predisposisie is - hulle word so gebore en kan nie
| hulself help nie. Hierin dan die regverdiging vir rassisme - hulle is
| uiteraard dommer, stadiger, luier, ruik sleg en kan dit nie help nie - dis
| geneties. Jy's 'n groter doos as wat ek aanvanklik gedink het.

Jy maak effe van 'n gek van jouself met hierdie hele tirade - die hele
bogenoemde paragraaf is alles jou eie afleidings en is glad nie my
standpunt nie. Nog minder het dit enige iets met die oorspronklike plasing
te doen.

Ek het kleurling studente gehad wat in verstandelike vermoë wit studente
ver verby gesteek het. Ek weet nie waar jy al die wilde stellings vandaan
haal nie?!?

|
| > kom ons kry eerder balans hier
| >in die gesprekke as net die voortdurende kritiek en afbrekendheid ( wat jy
| >seker by jou nuwe swart boeties ge-erf het - kan mos nie opbou nie).
|
| Eintlik het ek dit by leendert, frikkie, nico, dolfin en ander wit boeties
| ge-erf - kan mos nie opbou nie.

Gaan kyk hoe lyk Port St Johns nou en dan probeer jy uitvind hoe dit
twintig jaar gelede gelyk het. Dis die soort van afbreek waarmee jy nie
kan stry nie - en dis nie deur witmense gedoen nie.

|
| >Ek gaan eerder vir Maslov se teorie en glo dat jy hoër op in die miramide
| >kan skuif - jy hoef nie jou lewe lank aan die klimproses in die onderste
| >dele van die piramiede te spandeer nie.
|
| So asof dit 'n keuse is. Loop lees Maslow weer. Indien jou
| lewensomstandigheid gerig is op oorlewing raam dit jou lewensrealiteit solank
| daardie situasie geld. Ek verskil persoonlik, maar dis 'n ander debat. Maslow
| se voorts duidelik dat bereiking van die hoer hierargiese range nie 'n
| einddoel is in terme van tyd nie - indien jy dit bereik as jy dertig is beteken
| dit nie dat jy nou op jou hande kan sit nie - jy werk nog altyd aan
| aksualisering jou hele lewe lank. So hoe is dit anders van wat ek gese het.

My redenasie was heel meer eenvoudig: ek het mense gekritiseer wat wetend
of onwetend dit as so bietjie verkeerd beskou dat 'n mens gelukkig kan wees
en hou van wat jy om jou het en hoe jy jou lewe sien. Gaan lees dit nou
weer...

|
|
| >... wat is 'n poseur ?
| >
|
| Frans (soos faux pas). Iemand wat 'n rol speel/voorgee hy/sy is iets wat hulle
| inderwaarheid nie is nie. Soos in "'n intellektuele poseur" - iemand wat
| voorgee dat hy of sy baie slim is (byvoorbeeld deur "hoe" woorde te gebruik en
| altyd oor akademiese kwessie te wil praat), maar eintlik baie min intelektuele
| substans het en die kwessie nie eintlik heeltemal verstaan nie (amper soos
| leendert).

O, nou ja, dankie! Iemand was "pose" met ander woorde ! Kom ek sê nou vir
jou: ek is heel opreg met wat ek sê - ek probeer nie voorgee om slimmer te
wees as wat ek is nie - en as dit so oorkom, vergewe maar, dis van
onnoselgeid ....

|
| >... jy eien jou die reg toe om te beoordeel ...!?!?!?!?
|
| Ja. Net soos jy doen wanneer jy my 'n snotkop noem, Gluodina en my moer vloek,
| gluodina se argumente as snert uitkryt en so meer. Soos ek vroeer gese het, ou
| nico, jy is nou nie die skerpste mes in die laai nie - jy het oop oe hierin
| geloop.

Ek sal nou nie juis die bogenoemde "oordeel uitspreek" noem nie, maar nou
ja, in jou oë is ek nie te skerp nie - so jy is seker maar alwetend en reg
...

Net Nico
Vorige onderwerp: Re: "spam"
Volgende onderwerp: Positief oor Suid-Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 01:08:58 MGT 2024