Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lywigheid
lywigheid [boodskap #139168] Di, 29 Maart 2022 12:55
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lywigheid
Afbreking: ly•wig•heid
Samestelling: lywig + -heid


Selfstandige naamwoord: lywigheid
Meervoud: lywighede

Betekenis:
• Die mate waarin iets of iemand lywig (swaar, groot en dik) is.
• (figuurlik) Aansienlik of omvattend.

Gebruik:
• Sy dra 'n dun jas om lywigheid saam met 'n trui te voorkom.
• Weens die lywigheid van die uitspraak is 'n verkorte weergawe in die hof voorgehou.

Sinoniem:
• aansienlikheid
• dikheid
• gesetheid
• korpulensie
• omvattendheid
• volheid

Afgelei:
• diklywigheid
• hardlywigheid
• loslywigheid
• swaarlywigheid

Vertaling:
Engels: thickness, bulkiness
Nederlands: lijvigheid, gezetheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: luuksueus
Volgende onderwerp: maatband
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 08:32:48 MGT 2024