Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » krimineel
krimineel [boodskap #139159] Ma, 28 Maart 2022 10:56
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
krimineel
Afbreking: kri•mi•neel


Selfstandige naamwoord: krimineel
Meervoud: kriminele
Verkleinwoord: krimineeltjie
Meervoud van verkleining: krimineeltjies

Betekenis:
• Persoon wat die wet oortree en misdade pleeg.

Gebruik:
• Die polisie het die krimineel gearresteer.

Sinoniem:
• misdadiger

Verwant:
• kriminaliteit
• kriminaliseer
• kriminologie

Vertaling:
Engels: criminal
Nederlands: crimineel


Byvoeglike naamwoord: krimineel
Vergrotende trap: krimineler
Oortreffende trap: krimineelste
Attributief: kriminele
Partitief: krimineels

Betekenis:
• Wat misdadig en wetteloos is.

Gebruik:
• Sy gedrag is krimineel.

Sinoniem:
• misdadig
• strafbaar
• strafregtelik
• wetteloos

Vertaling:
Engels: criminal
Nederlands: crimineel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: koöperasie
Volgende onderwerp: kantlyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 08:50:50 MGT 2024