Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » koöperasie
koöperasie [boodskap #139158] Ma, 28 Maart 2022 10:36
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
koöperasie
Afbreking: ko•ö•pe•ra•sie
Samestelling: ko- (saam) + operasie


Selfstandige naamwoord: koöperasie
Meervoud: koöperasies
Verkleinwoord: koöperasietjie
Meervoud van verkleining: koöperasietjies

Betekenis:
• 'n Vorm van samewerking.
• Vereniging van lede wat vir eie belang saamwerk.

Gebruik:
• Jou koöperasie sal opreg waardeer word.
• Die boer gaan koop voer by die koöperasie.

Sinoniem:
• medewerking
• samewerking
• samewerkingsverband
• verbruikersvereniging

Afkorting:
• koöp.

Verwant:
• koöpereer
• koöperatief

Vertaling:
Engels: cooperation
Nederlands: coöperatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: konnoteer
Volgende onderwerp: krimineel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 08:51:10 MGT 2024