Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » intensief
intensief [boodskap #139137] Sa, 26 Maart 2022 08:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
intensief
Afbreking: in•ten•sief
Samestelling: intens + -ief


Byvoeglike naamwoord: intensief
Vergrotende trap: intensiewer
Oortreffende trap: intensiefste
Attributief: intensiewe
Partitief: intensiefs

Betekenis:
• Wat deur intensiteit gekenmerk word; baie intens; in 'n hoë graad.

Gebruik:
• Voordat jy met 'n sespak kan spog, moet jy jou maagspiere intensief oefen.

Hiponiem:
• arbeidintensief
• energie-intensief
• kapitaalintensief

Afkorting:
• intens.

Vertaling:
Engels: intensive
Nederlands: intensief


Selfstandige naamwoord: intensief
Meervoud: intensiewe

Betekenis:
• Woord wat intensie aandui; versterkte vorm.
• Verkorting van intensiewe sorg, 'n mediese waakeenheid; hoësorg.

Gebruik:
• "Piepklein" is 'n intensief van "klein".
• Die pasiënt is na intensief verskuif.

Vertaling:
Engels: intensive; intensive care
Nederlands: intensief

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

Vorige onderwerp: dolend
Volgende onderwerp: isolering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 08:28:36 MGT 2024