Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pons
pons [boodskap #139108] Ma, 21 Maart 2022 15:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Papierpons.
'n Papierpons.
pons
Afbreking: pons


Selfstandige naamwoord: pons
Meervoud: ponse
Verkleinwoord: ponsie
Meervoud van verkleining: ponsies

Betekenis:
• Toestel om gate in voorwerpe (soos papier, metaal of leer) te slaan; ponser; ponsmasjien.
• Mengeldrankie wat by partytjies opgedien word, dikwels met wyn of brandewyn.

Gebruik:
• Gebruik die pons om gaatjies in die papier te maak.
• Mensig, die pons het skop!

Afgelei:
• graveerpons
• papierpons
• ponsgat
• ponskaart
• ponsmasjien
• ponsstempel
• senterpons
• ponsglas
• ponsketel
• ponskom
• rumpons
• vrugtepons

Vertaling:
Engels: punch
Nederlands: pons


Werkwoord: pons
Verlede tyd: het gepons

Betekenis:
• Om 'n gat (of gaatjies) in iets (soos papier) te slaan.

Gebruik:
• Die klerk pons en liasseer die dokumente.

Vertaling:
Engels: to punch
Nederlands: ponsen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hegtenis
Volgende onderwerp: hiëroglief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 10:28:58 MGT 2024