Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nog meer inligting vir Minnesota-Nico
Nog meer inligting vir Minnesota-Nico [boodskap #13878] Sa, 18 April 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Tydslyn uit die Globe and Mail, Vrydag 17 April:

August 1996: The government announces a Khmer
Rouge breakup. Pol Pot's brother-in-law defects with
10,000 rebels.

June 13, 1997: Pol Pot reportedly orders a top general,
Son Sen, and family killed; the hard-liners split into
factions.

June 20: Former comrades capture Pol Pot.

July 1997: A "people's tribunal" is held and condemns
Pol Pot for crimes that includes the killing of Son Sen,
the group's long-time defence co-ordinator, and sentence
Pol Pot to house arrest.

So, my liewe Nico, daar in die bosse van Minnesota, na
watter Kanadese radiostasie luister jy?

En om terug te keer na Pol Pot Botha. Wat dink jy moet
Afrikaners met die ou doen? Dieselfde as wat die Khmer
Rouge gedoen het met Pol Pot? Hom onder huisarres sit,
sodat hy nie verder die beeld wat die buiteland van
Afrikaners het kan bevuil nie? Ek persoonlik is bly dat
dinge loop soos dit loop. Arme biskop Tutu is so desperaat
om dinge maar onder die mat te vee, en vir PW Botha van
die haak af te kry sodat mense hom nou maar moet vergeet.
Maar sulke fascistiese historiese figure moet hulle dag kry -
soos Mussolini daar in Italië, sodat die wêreld nie gou hul
wreedheid en bloeddorstigheid sal vergeet nie.

Gloudina
Re: Nog meer inligting vir Minnesota-Nico [boodskap #13894 is 'n antwoord op boodskap #13878] So, 19 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes:
> Gloudina,
>
> Ek het my tot dusver uit julle kleinlike argumente uitgehou, maar wat jy
> hier bo skryf, wys duidelik dat jy totaal uit voeling is met wat in SA
> gebeur. Wat ons beleef het, en nog steeds beleef is 'n bestuurde revolusie,
> en tot dusver het dit relatief bloedloos verloop. Wat jy bepleit is
> Nuerenberg- tipe verhore. Dit is die laaste ding wat SA op hierdie stadium
> nodig het, en die meeste mense, insluitende die regering besef dit, omdat
> gemoedere onder die oppervlak steeds die potensiaal van bloedige konflik
> het.
>
> PW Botha het op groot skaal drooggemaak, en baie van ons na 'n 'vreemde'
> land laat gaan om oorlog te maak. Ten spyte hiervan sien baie mense sy
> verset teen die WVK as verset teen onewewigtigheid aan die kant van die WVK.
> Die baie pogings wat aangewend word om hom uit die hof te hou, spruit aan
> die een kant daaruit dat daar aan regeringskant respek vir hom is as
> voormalige staatshoof. Aan die ander kant is waarnemers ook van mening dat
> daar 'n ander rede is, nl dat die WVK by implikasie ook voor die hof sal
> moet verskyn, en wel in die persoon van biskop Desmond Tutu, en dat die
> moontlikheid bestaan dat die keiser nie volledig gekleed is nie, om dit sag
> te stel.
>
> Dit sal jou baat om jou te vergewis van die feite, en jou daarvan te weerhou
> om gemoedere onnodig te probeer aanblaas. Onthou altyd dat daar op die
> stadium meer goed opgeleide soldate buite regeringsmagte sit, as daarbinne,
> en vra jouself die vraag of die regering kan bekostig dat hulle mobiliseer.
> Ek sê nie dit is op hierdie stadium 'n realiteit nie, maar die potensiaal
> is daar as genoeg gemoedere genoegsaam opgevryf word. Die huidige regering
> besef dit, hoekom nie jy ook nie?

> Groete
>
> Henri Burger

Henri, baie dankie vir die mooi
beredeneerde brief aan my. Dit
is omdat mense soos jy so 'n
volwasse insig het in wat in SA
aangaan, dat daar hoop vir die
toekoms en vir die Afrikaner is.
Ek hou daarvan dat jy dit wat
in SA aangaan, 'n "bestuurde
rewolusie" noem. Jy verstaan dus
die groot welwillendheid van die
voorheen verontregte meerderheid
om die minderheid wat vir hulle
gedomineer het, meer as halfpad
tegemoet te kom.

Ek dink nogtans dat dit nie sal
kwaaddoen as daar 'n verhoor is
van PW nie, sodat daardie wittes wat
nou gerieflikheishalwe alles al
vergeet het, se neuse weer so 'n
keer in die apartheidsbraaksel
gedruk sal word. Miskien leer hul
dan, soos 'n hond, dat as 'n mens
bose dinge aan ander mense doen,
jy uiteindelik jou eie dade in
die gesig sal moet staar en jou
eie kotsel sal moet opvreet. Ou
PW is 'n skandvlek op die naam
van die Afrikaner.

Gloudina
Re: Nog meer inligting vir Minnesota-Nico [boodskap #13895 is 'n antwoord op boodskap #13878] So, 19 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Jy verstaan dus
> die groot welwillendheid van die
> voorheen verontregte meerderheid
> om die minderheid wat vir hulle
> gedomineer het, meer as halfpad
> tegemoet te kom.

Ja, ek verstaan dit. Verstaan jy dat dit ook 'n groot gedagtesprong geverg
het van mense wat jy beskryf as 'apartheidsvarke' om hierdie verandering te
weeg te bring? En dat die meerderheid van hulle nog steeds baie hard werk om
die huidige bestel te laat funksioneer, t.s.v. matelose frustrasie met
onbevoegde amptenary?

> Ek dink nogtans dat dit nie sal
> kwaaddoen as daar 'n verhoor is
> van PW nie, sodat daardie wittes wat
> nou gerieflikheishalwe alles al
> vergeet het, se neuse weer so 'n
> keer in die apartheidsbraaksel
> gedruk sal word. Miskien leer hul
> dan, soos 'n hond, dat as 'n mens
> bose dinge aan ander mense doen,
> jy uiteindelik jou eie dade in
> die gesig sal moet staar en jou
> eie kotsel sal moet opvreet. Ou
> PW is 'n skandvlek op die naam
> van die Afrikaner.

So, jy soek eintlik Nuerenberg-tipe verhore, sodat ons weer kan sien hoe
verhoogafwagtende Duitsers op pad hof toe deur Jode met klippe en blikke
gegooi word. SA se heil le^ nie daarin dat ons aanhoudend in die verlede
moet rondkrap nie, maar dat ons die goeie dinge van die verlede moet neem en
ons toekoms daarop moet bou, soos Paul Kruger gesê het.

Wat PW betref, hoe min ek of jy van hom hou, kan nie die feit weg redeneer
dat hy die eerste NP leier was wat die eerste huiwerige tree na 'n nuwe
bedeling gegee het nie. Ook nie dat hy die proses aan die gang gesit het om
Mandela vry te laat nie, maar sy donder uiteindelik deur FW gesteel is weens
sy siekte.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Nog meer inligting vir Minnesota-Nico [boodskap #13903 is 'n antwoord op boodskap #13878] Ma, 20 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

>> Ek stel dit aan jou dat daar ook baie
>> onbevoegde amptenary in die apartheids-
>> era was.

En ek sal dit nie ontken nie, maar het dit enigsins betrekking op wat tot
nou toe gesê is? Jy sien, jy krap in die verlede rond, terwyl ek besig is
om oor die hede te praat.

Maar kom ek gee jou 'n voorbeeld. 'n Man met die naam Bushie Engelbrecht, 'n
oorgewig, verslonste speurder uit die ou bedeling. As die IVP en ANC mekaar
uitmoor in die Natalse middellande, wie roep Nelson in om die saak te gaan
ondersoek? Bushie Engelbrecht, want t.s.v. sy agtergrond, is hy die top
speurder in die land, en die sake wat hy ondersoek word opgelos. Ek praat
oor sulke mense, en daar is baie ander soos hy.

>> Jy is te jonk
>> om te weet wat in SA aangegaan het.

Ek kan lees, en ek luister wat gesê word, en ek glo nie dit is nodig dat ek
die Franse rewolusie hoef te beleef het, om te weet waaroor dit gegaan het
nie. Maar terwyl ouderdom ter sprake is, sal jy dit aanvaar as ek sê jy is
te oud om te weet wat nou gebeur in SA?

>> Bog, dat hy die
>> eerste treetjies geneem het. Hy het gedink
>> hy kon die wereld verblind met praatjies.

Ek het nooit gedink ek sal 'n apologeet vir PW Botha wees nie, maar ek dink
dit is nodig om aan jou te verduidelik hoe ons by die huidige bestel
uitgekom het. Om dit te verstaan, is dit nodig om te besef dat die huidige
bestel nie tot stand kon kom sonder die samewerking van blankes in die
algemeen, en meer spesifiek, Afrikaners nie.

Reeds in die laat 70 jare het die besef posgevat dat die bestaande sisteem
nie volhou kon word nie. Op daardie stadium kon die regering nie na die
kiesers gaan, en sê dit is tyd om die regering aan die swart meerderheid te
oorhandig nie, want die regses sou hulle eenvoudig in 'n
verkiesing/referendum verslaan het. Die idee van magsdeling met Kleurlinge
en Indiers is toe gepropageer, en na 'n referendum in 1983 het die 3 kamer
parlement tot stand gekom.

Hierdie was die 'eerste huiwerige tree' waarvan ek gepraat het, maar dit was
nie sonder gevolg vir PW nie - 'n aansienlike skeuring het binne die NP
plaasgevind, met die tot standkoming van die KP, wat 'n mag was waarmee die
NP moes rekening hou. Die KP het daarin geslaag om 'n demper op hervorming
te plaas, en baie politieke waarnemers glo dit was die oorsaak van PW se
niksbeduidende 'Rubicon' toespraak in 1985.

'n Beduidende groep Afrikaners, die sg 'Nuwe Natte' (ongeveer 20% NP
ondersteuners) het erg gefrustreerd geraak met die stadige pas van
hervorming, en die Demokratiese Beweging o.l.v. Wynand Malan ('n prominente
en gerespekteerde NP MP) het tot stand gekom. Hulle het soveel steun gekry,
dat die boodskap aan die NP duidelik was : hervorm, of! Die verdere verloop
in die vroee 90 jare, glo ek is aan jou bekend.

Die feit bly staan dat die Afrikaner se steun vir hervorming nodig was, en
dat hy geleidelik daaraan blootgestel moes word, want vervreemding sou die
pendulum in die ander rigting swaai. PW Botha het daardie eerste tree gegee.

>> Die nuwe SA het
>> teweeg gekom omdat daar uiteindelik ingesien
>> is dat die burgeroorlog gewen gaan word deur
>> die ander kant en dat die wit vlag maar
>> vroeer liewer as later moet opgaan.

Ek sal Joe Slovo jou hierop laat antwoord, uit 'n stuk deur hom, getiteld
"Negotiations: What room for compromise?" Dit word algemeen aanvaar dat
hierdie stuk die basis vir 'n onderhandelde skikking gele^ het. Hy sê: "We
are negotiating because, at the end of the 80's, we concluded that as a
result of its escalating crisis the apartheid power block was no longer able
to rule in the old way and was genuinely seeking a break with the past. At
the same time we are not dealing with a defeated enemy..."

M.a.w., Gloudina, skaakmat. Onderhandel, of veg 'n burgeroorlog wat geen
wenners het nie.

>> En die
>> feit dat alles so vredevol in SA verloop het,
>> is direk die gevolg van die Christelike
>> inbors van die meerderheid van die oorwinnaars.

Waarmee ek nogal saamstem, want in 'n onderhandelde skikking is daar net
wenners, en nie verloorders nie!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Nog meer inligting vir Minnesota-Nico [boodskap #13904 is 'n antwoord op boodskap #13878] Ma, 20 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in article
...
|
| @igs.net wrote in message ...
| > Bantoe-Onderwys. Uiteindelik in 1976
| > was hy in bevel toe die onluste in
| > Soweto uitgebreek het - en dit omdat
| > hy Afrikaans vir sommige vakke op die
| > skoliere wou afdwing.
|

Dit sê nie veel van mense as hulle hulle eie skole afbrand net omdat hulle
nie van 'n sekere taal hou nie. Kan die Afrikaners dan maar in Suid Afrika
die SAUK afbrand? Met almal se simpatie.

Gloudina, ek hoop ook jy was nie deel van die afdwing van Afrikaans in
swart kele nie. Ek hoop jy het jou Afrikaanse klasse aan hulle in hulle
eie taal gegee!

|
| > Jy is te jonk
| > om te weet wat in SA aangegaan het.

Jy is te oud, Gloudina, om te weet wat om jou aangaan .... en jy adverteer
dit gewoonlik wanneer jy 'n plasing maak.

| > Die klomp Afrikaners wat oorgeneem
| > het en die ander geterroriseer het,
| > was meestal korrup en nie altyd
| > so bekwaam nie. Moenie vir my die
| > mite vertel van die bekwame staats-
| > amptenare van die vorige bedeling.

My pa was 'n amptenaar in die ou staatsdiens (Spoorwee) en ek het baie van
die mense geken. Ek weet daar was spanne baie bekwame manne wat iets soos
'n spoorwee byvoorbeeld volgens die beste van hulle vermoens kon laat loop.
Nie almal was korrup nie - onthou die goue armbamd episode!

My skoonsus is tans verbonde aan Transnet en weet nou maar, die stories wat
nou daaruitkom sal my pa in sy graf laat omdraai. Gloudina, jy leef in 'n
fool's paradise!

| Wat ook waar is is dat die ergste wetsmisdade en terrorisme teen die
| weerlose dele van die bevolking van SA in daardie tyd ontketen is deur
die
| sogenaamde "helde" van die struggle - die "helde" wat nou die parlement
| volsit.

Ja, Gloudina, Leendert is reg. Het JY al gesels met 'n swart vrou wat
haar 20jarige seun verloor het agv daarvan dat hy kos huis toe bring in 'n
Checkers sak en dan gedwing word om 'n hele bottel kookolie te drink,
daarin stik en dan daarin verdrink? Dis hoe jou helde opgetree het,
Gloudina! Dit is hou jy en jou mense gestruggle het, Gloudina. En dit was
swart teen swart. Jy kan nie 'n baie sterk argument he as jy sulke taktiek
moet toepas om iemand te oortuig om 'n sekere standpunt te handhaaf nie.

| Inteendeel. Wanneer mense soos Gloudina voortgaan om mense voor die voet
te
| demoniseer op grond van 'n werklikheidsbeeld wat verwring is deur dertig
| jaar in tyd en 'n halfrond in afstand het dit eerder die effek dat dit
| polarisering bevorder en debat inhibeer.
|

Probeer minder kwaad stook, Gloudina, en mense in vrede en
vergewingsgesindheid antwoord, dan kan ons 'n beter wereld hê!

Nico
Re: Nog meer inligting vir Minnesota-Nico [boodskap #13905 is 'n antwoord op boodskap #13878] Ma, 20 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

>> Hy het die pos gekry ten spyte van sy
>> jeug en die feit dat daar selfs onder
>> die Broederbond-lede op die personeel
>> beter opgeleide mense was as hy. MAAR
>> hy was getroud met iemand ho"er op in
>> Bantoe-Onderwys. Uiteindelik in 1976
>> was hy in bevel toe die onluste in
>> Soweto uitgebreek het - en dit omdat
>> hy Afrikaans vir sommige vakke op die
>> skoliere wou afdwing.
>
> Dieselfde ou storie wat oor en oor vertel word,

Ja, Leendert, dieselfde ou storie sal oor
en oor vertel word. En ek het nie eens die
ander helfte van die storie vertel nie -
hoe Jaap se seun in die hof (nog deur die
apartheidsregime) aangekla is oor meer as
'n miljoen rand se korrupsie. Daar was net
eenvoudig baie Afrikaners wat korrup was
tot in die grond in. Ek weet nie hoekom ek
altyd die gevoel gekry het hulle kom van
Transvaal af nie. Maar Afrikaners het die
teksboek van korrupsie geskryf. Dit was
dwarsdeur die universiteite - onbevoegde
mense wat professorate gekry het net omdat
hulle in die binnekring van die Broeders
was. Jy weet, later was daaar 'n binnekring
en 'n buitekring van Broeders.


>
> En selfs "die kwessie van Afrikaans" is 'n halwe waarheid: die beleid wat
> ingevoer is, was dat helfte van alle vakke _wat nie deur medium van die
> moedertaal_ geneem is nie, deur medium van Engels geneem moes word en die
> ander helfte deur medium van Afrikaans. Die keuse was dus daar om die
> moedertaal as onderrigmedium te gebruik, in plaas van Afrikaans of Engels.
> Die departement het selfs handboeke en ander materiaal in die moedertaal
> beskikbaar gemaak.

Ja, nee, ou Leendert, ek ken die hele storie.
Jaap het by Adams College die twee vakke in
Afrikaans ingevoer (alhoewel dit op daardie
tydstip nog nie departementsbeleid was nie)
en toe werksboeke in Afrikaans geskryf, dit
met die skool se afrolmasjien afgerol en dit
dan aan die studente verkoop. Sies, die
korrupsie wat ek met my eie o"e gesien het.
En dan gaan sit hierdie man in die kerk op
'n Sondagoggend as 'n diaken. Dis hoekom ek
geweier het om aan daardie gemeente se NG
kerk te behoort.

>
> Beginnende met die kuberterrorisme wat Gloudina
deurlopend probeer ontketen.

Dankie vir die kompliment.

> Heel moontlik waar dat die ergste misdade deur staatsamptenare in sy tyd
> plaasgevind het. Dit is ook heeltemal onmoontlik om die feit goed te keur
> as jy beweer dat hy dit goedgekeur het.

Dankie dat jy met my saamstem.
Leendert, doen jouself 'n guns.
Hou op om nazis en fasciste te
verdedig. Dan het jy beter kans
om die huidige regering aan te
val as jy hulle van korrupsie
wil beskuldig.

Vertel my, Leendert, hoe gaan dit
deesdae in die Weskaap waar die
NP nog aan die bewind is?

Gloudina
Re: Nog meer inligting vir Minnesota-Nico [boodskap #13906 is 'n antwoord op boodskap #13878] Ma, 20 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger heeft geschreven in bericht ...
>
> Gloudina,
>
> Ek het my tot dusver uit julle kleinlike argumente uitgehou, maar wat jy
> hier bo skryf, wys duidelik dat jy totaal uit voeling is met wat in SA
> gebeur. Wat ons beleef het, en nog steeds beleef is 'n bestuurde revolusie,
> en tot dusver het dit relatief bloedloos verloop. Wat jy bepleit is
> Nuerenberg- tipe verhore. Dit is die laaste ding wat SA op hierdie stadium
> nodig het, en die meeste mense, insluitende die regering besef dit, omdat
> gemoedere onder die oppervlak steeds die potensiaal van bloedige konflik
> het.

Dit is nie die gemoedere wat die potensiaal tot konflik skep nie. In die
geval van Nuerenberg is die verhore gehou deur die geallieerde oorwinnaars,
nadat Duitsland sonder voorbehoud oorgegee het.

Hier is dit nie die geval nie. Soos Madiba the Man onlangs beklemtoon het,
is die Boere nooit op die slagveld verslaan nie. Daar was geen kwessie van
algehele en onvoorwaardelike oorgawe nie. Madiba se gesag is aan hom verleen
deur 'n grondwet wat aangeneem is deur die wit parlement van die vorige
bedeling.

>
> PW Botha het op groot skaal drooggemaak, en baie van ons na 'n 'vreemde'
> land laat gaan om oorlog te maak. Ten spyte hiervan sien baie mense sy
> verset teen die WVK as verset teen onewewigtigheid aan die kant van die
WVK.

Die ouens waarna jy hier verwys is klaarblyklik die ouens vir wie PW te
"regs" was.

Maar die ouens wat nou opdaag om hom in die hof te ondersteun is dieselfde
ouens wat in die vroeë tagtigerjare uit sy party in die parlement gestap
het, wat vir 'n dekade lank sy geswore vyande was omdat hy te "links" en te
"liberaal" was.

Die WVK het dus wel 'n versoenings-effek, al dink een van hul eie
kommissarisse nie so nie - die een wat onlangs in die Oos-Kaap verklaar het
dat hy geen versoening uit die WVK se aktiwiteite sien volg het nie. Wat hy
wel gesien het, is woede onder slagoffers en ontekenning deur
menseregteskenders.

Wat die WVK wel regkry met die Botha-ding is klaarblyklik om verskillende
sektore, "links" sowel as "regs", van die Afrikanergemeenskap met mekaar te
laat versoen. Ek dink dis vir die regering 'n bron van kommer.

> Die baie pogings wat aangewend word om hom uit die hof te hou, spruit aan
> die een kant daaruit dat daar aan regeringskant respek vir hom is as
> voormalige staatshoof.

Hier maak jy 'n fout. Die huidige regering se amptelike standpunt is dat ook
die staatshoof nie bo die reg verhewe is nie. Ongelukkig lyk dit nie asof
die ANC so sterk op hierdie punt staan nie - vandaar die onlangse uitspraak
van 'n minister dat die wet verander moet word sodat die staatshoof "nooit
weer" soos Mandela in die hof sy dade sal moet verduidelik nie.

> Aan die ander kant is waarnemers ook van mening dat
> daar 'n ander rede is, nl dat die WVK by implikasie ook voor die hof sal
> moet verskyn, en wel in die persoon van biskop Desmond Tutu, en dat die
> moontlikheid bestaan dat die keiser nie volledig gekleed is nie, om dit sag
> te stel.

Inderdaad. Die WVK se geloofwaardigheid - sover dit "waarheid" aangaan sowel
as "versoening" - is aan flarde in die oë van 'n belangrike deel van die
bevolking. En dit is by verre na nie net wit Afrikaners nie.

Dit sal die spyker in die kis wees as 'n hof tot dieselfde gevolgtrekking
kom.

>
> Dit sal jou baat om jou te vergewis van die feite, en jou daarvan te weerhou
> om gemoedere onnodig te probeer aanblaas.

Ek wil nou nie pessimisties wees nie, Henri, maar hierdie raad het Gloudina
al dikwels gekry - en ewe dikwels in die wind geslaan.

Sy kry 'n kick daaruit om te dink sy gooi 'n lang skaduwee as sy daar in
Ontario toi-toi op die maat van haar verbeeldingsvlugte uit die
sestigerjare.

> Onthou altyd dat daar op die
> stadium meer goed opgeleide soldate buite regeringsmagte sit, as daarbinne,
> en vra jouself die vraag of die regering kan bekostig dat hulle mobiliseer.
> Ek sê nie dit is op hierdie stadium 'n realiteit nie, maar die potensiaal
> is daar as genoeg gemoedere genoegsaam opgevryf word. Die huidige regering
> besef dit, hoekom nie jy ook nie?

Mandela het in 'n onderhoud tekenne gegee dat hy van oordeel is dat
Afrikaners goed in staat is om die land tot as te bring as hulle nie meer
vir hulself 'n toekoms sien nie.

Maar jy sien, Henri, Gloudina gee nie om wat die effek van haar dade is
nie - om twee redes:

a) Sy is nie meer in die land nie, en hoef nie die gevolge te dra nie.
b) Ek vermoed dat haar "struggle" nie veel met die werklikheid hier te
lande te doen het nie - dat dit wel 'n poging is om haar eie keuses van baie
jare gelede te rasionaliseer.

Ek het dus nie veel hoop dat jou vermaning enige positiewe reaksie sal
ontlok nie.

Gloudina het haar reeds te ver van die werklikheid onttrek en as sy eers
haar kuberkappie vasstrik en haar kuberros bestyg moet jy weet sy speel Duke
Neukhom op die nuusgroep - enige ooreenkoms tussen haar virtuele wêreld en
die realiteit van Suid-Afrika is bloot toevallig.

Groete, Leendert
Re: Nog meer inligting vir Minnesota-Nico [boodskap #13907 is 'n antwoord op boodskap #13878] Ma, 20 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| nou gerieflikheishalwe alles al
| vergeet het, se neuse weer so 'n
| keer in die apartheidsbraaksel
| gedruk sal word. Miskien leer hul
| dan, soos 'n hond, dat as 'n mens
| bose dinge aan ander mense doen,
| jy uiteindelik jou eie dade in
| die gesig sal moet staar en jou
| eie kotsel sal moet opvreet. Ou
| PW is 'n skandvlek op die naam
| van die Afrikaner.

Sies, Gloudina, as jy so praat maak jy 'n mens sommer siek - met een asem
prys jy 'n mooi beredeneerde argument en in die volgende paragraaf gebruik
jy sulke lelike en swak emosionele taal om 'n punt oor te dra! Om van siek
te word. Kyk of jy nie ook eerder in mooi taal kan skryf nie. Jyself het
nie te lank terug nie verskeie soortgelyke plasings gekritiseer as die van
mense wat nie goed opgevoed is nie ....

Nico
Re: Nog meer inligting vir Minnesota-Nico [boodskap #13908 is 'n antwoord op boodskap #13878] Ma, 20 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
André wrote in article ...
| Is wraak en vergelding deel van jou christenskap of kom dit dalk iewers
in
| die handves van mense regte voor?
|
| Wonder maar net
|

Sy kon nog baie min openbaar van wat 'n mens oor die algemeen as
Christenskap sou aanvaar - sy wou nog nie eers vir ons vertel of sy
hoegenaamd in 'n kerk in Kanada is nie...

|
| @igs.net wrote in message ...
|
| > Ek dink nogtans dat dit nie sal
| > kwaaddoen as daar 'n verhoor is
| > van PW nie, sodat daardie wittes wat
| > nou gerieflikheishalwe alles al
| > vergeet het, se neuse weer so 'n
| > keer in die apartheidsbraaksel
| > gedruk sal word. Miskien leer hul
| > dan, soos 'n hond, dat as 'n mens
| > bose dinge aan ander mense doen,
| > jy uiteindelik jou eie dade in
| > die gesig sal moet staar en jou
| > eie kotsel sal moet opvreet. Ou
| > PW is 'n skandvlek op die naam
| > van die Afrikaner.
| >
| > Gloudina
| >
|
|
|
Re: Nog meer inligting vir Minnesota-Nico [boodskap #13909 is 'n antwoord op boodskap #13878] Ma, 20 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
andr...  is tans af-lyn  andr...
Boodskappe: 62
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
Is wraak en vergelding deel van jou christenskap of kom dit dalk iewers in
die handves van mense regte voor?

Wonder maar net

@igs.net wrote in message ...

> Ek dink nogtans dat dit nie sal
> kwaaddoen as daar 'n verhoor is
> van PW nie, sodat daardie wittes wat
> nou gerieflikheishalwe alles al
> vergeet het, se neuse weer so 'n
> keer in die apartheidsbraaksel
> gedruk sal word. Miskien leer hul
> dan, soos 'n hond, dat as 'n mens
> bose dinge aan ander mense doen,
> jy uiteindelik jou eie dade in
> die gesig sal moet staar en jou
> eie kotsel sal moet opvreet. Ou
> PW is 'n skandvlek op die naam
> van die Afrikaner.
>
> Gloudina
>
Re: Nog meer inligting vir Minnesota-Nico [boodskap #13910 is 'n antwoord op boodskap #13878] Ma, 20 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes:
>
> Ja, ek verstaan dit. Verstaan jy dat dit ook 'n groot gedagtesprong geverg
> het van mense wat jy beskryf as 'apartheidsvarke' om hierdie verandering te
> weeg te bring? En dat die meerderheid van hulle nog steeds baie hard werk om
> die huidige bestel te laat funksioneer, t.s.v. matelose frustrasie met
> onbevoegde amptenary?

Ek stel dit aan jou dat daar ook baie
onbevoegde amptenary in die apartheids-
era was. Ek het vantevore vertel van die
28 jarige man wat hoof geword het van
'n beroemde swart skool in Natal, nadat
dit deur Bantoe-Onderwys oorgeneem is.
Hy het die pos gekry ten spyte van sy
jeug en die feit dat daar selfs onder
die Broederbond-lede op die personeel
beter opgeleide mense was as hy. MAAR
hy was getroud met iemand ho"er op in
Bantoe-Onderwys. Uiteindelik in 1976
was hy in bevel toe die onluste in
Soweto uitgebreek het - en dit omdat
hy Afrikaans vir sommige vakke op die
skoliere wou afdwing. Jy is te jonk
om te weet wat in SA aangegaan het.
Die klomp Afrikaners wat oorgeneem
het en die ander geterroriseer het,
was meestal korrup en nie altyd
so bekwaam nie. Moenie vir my die
mite vertel van die bekwame staats-
amptenare van die vorige bedeling.
Dis nog een van die dinge wat die
Afrikaner moet laat gaan, voordat
hulle die regte perspektief op hul
groep kan kry. En die werklik bekwame
Afrikaners moet hulleself nie weer
laat terroriseer nie.

> Wat PW betref, hoe min ek of jy van hom hou, kan nie die feit weg redeneer
> dat hy die eerste NP leier was wat die eerste huiwerige tree na 'n nuwe
> bedeling gegee het nie. Ook nie dat hy die proses aan die gang gesit het om
> Mandela vry te laat nie, maar sy donder uiteindelik deur FW gesteel is weens
> sy siekte.

> Henri Burger, Tzaneen. RSA

Bog, die ergste wetsmisdade en terrorisme
teen die bevolking van SA is in die 80er
jare deur PW goedgekeur. Bog, dat hy die
eerste treetjies geneem het. Hy het gedink
hy kon die wereld verblind met praatjies.
Dis nog 'n mite - dat hy nou die fondament
van die Nuwe SA gebou het. Die nuwe SA het
teweeg gekom omdat daar uiteindelik ingesien
is dat die burgeroorlog gewen gaan word deur
die ander kant en dat die wit vlag maar
vroeer liewer as later moet opgaan.En die
feit dat alles so vredevol in SA verloop het,
is direk die gevolg van die Christelike
inbors van die meerderheid van die oorwinnaars.

Gloudina
Re: Nog meer inligting vir Minnesota-Nico [boodskap #13925 is 'n antwoord op boodskap #13878] Di, 21 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DarkMan  is tans af-lyn  DarkMan
Boodskappe: 7
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>>> Hy het die pos gekry ten spyte van sy
>>> jeug en die feit dat daar selfs onder
>>> die Broederbond-lede op die personeel
>>> beter opgeleide mense was as hy. MAAR
>>> hy was getroud met iemand ho"er op in
>>> Bantoe-Onderwys. Uiteindelik in 1976
>>> was hy in bevel toe die onluste in
>>> Soweto uitgebreek het - en dit omdat
>>> hy Afrikaans vir sommige vakke op die
>>> skoliere wou afdwing.
>>
>> Dieselfde ou storie wat oor en oor vertel word,
>
> Ja, Leendert, dieselfde ou storie sal oor
> en oor vertel word. En ek het nie eens die
> ander helfte van die storie vertel nie -
> hoe Jaap se seun in die hof (nog deur die
> apartheidsregime) aangekla is oor meer as
> 'n miljoen rand se korrupsie. Daar was net
> eenvoudig baie Afrikaners wat korrup was
> tot in die grond in. Ek weet nie hoekom ek
> altyd die gevoel gekry het hulle kom van
> Transvaal af nie. Maar Afrikaners het die
> teksboek van korrupsie geskryf. Dit was
> dwarsdeur die universiteite - onbevoegde
> mense wat professorate gekry het net omdat
> hulle in die binnekring van die Broeders
> was. Jy weet, later was daaar 'n binnekring
> en 'n buitekring van Broeders.
>
>
>
>
>>
>> En selfs "die kwessie van Afrikaans" is 'n halwe waarheid: die beleid wat
>> ingevoer is, was dat helfte van alle vakke _wat nie deur medium van die
>> moedertaal_ geneem is nie, deur medium van Engels geneem moes word en die
>> ander helfte deur medium van Afrikaans. Die keuse was dus daar om die
>> moedertaal as onderrigmedium te gebruik, in plaas van Afrikaans of Engels.
>> Die departement het selfs handboeke en ander materiaal in die moedertaal
>> beskikbaar gemaak.
>
> Ja, nee, ou Leendert, ek ken die hele storie.
> Jaap het by Adams College die twee vakke in
> Afrikaans ingevoer (alhoewel dit op daardie
> tydstip nog nie departementsbeleid was nie)
> en toe werksboeke in Afrikaans geskryf, dit
> met die skool se afrolmasjien afgerol en dit
> dan aan die studente verkoop. Sies, die
> korrupsie wat ek met my eie o"e gesien het.
> En dan gaan sit hierdie man in die kerk op
> 'n Sondagoggend as 'n diaken. Dis hoekom ek
> geweier het om aan daardie gemeente se NG
> kerk te behoort.
>
>
>
>>
>> Beginnende met die kuberterrorisme wat Gloudina
> deurlopend probeer ontketen.
>
>
> Dankie vir die kompliment.
>
>
>> Heel moontlik waar dat die ergste misdade deur staatsamptenare
> in sy tyd
>> plaasgevind het. Dit is ook heeltemal onmoontlik om
> die feit goed te keur
>> as jy beweer dat hy dit goedgekeur het.
>
>
> Dankie dat jy met my saamstem.
> Leendert, doen jouself 'n guns.
> Hou op om nazis en fasciste te
> verdedig. Dan het jy beter kans
> om die huidige regering aan te
> val as jy hulle van korrupsie
> wil beskuldig.
>
> Vertel my, Leendert, hoe gaan dit
> deesdae in die Weskaap waar die
> NP nog aan die bewind is?
>
> Gloudina

Daar ten minste is die stadsrade (oorgangsrade) nie heeltemal so bankrot
soos in die res van die land nie
Re: Nog meer inligting vir Minnesota-Nico [boodskap #13926 is 'n antwoord op boodskap #13878] Di, 21 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>>> Hy het die pos gekry ten spyte van sy
>>> jeug en die feit dat daar selfs onder
>>> die Broederbond-lede op die personeel
>>> beter opgeleide mense was as hy. MAAR
>>> hy was getroud met iemand ho"er op in
>>> Bantoe-Onderwys. Uiteindelik in 1976
>>> was hy in bevel toe die onluste in
>>> Soweto uitgebreek het - en dit omdat
>>> hy Afrikaans vir sommige vakke op die
>>> skoliere wou afdwing.
>>
>> Dieselfde ou storie wat oor en oor vertel word,
>
> Ja, Leendert, dieselfde ou storie sal oor
> en oor vertel word.

Ek weet. Jy sal oor en oor vertel dat Afrikaans in '76 mense se kele
afgedruk is. Die feit dat jy geen snars bewys daarvoor kan lewer nie sal jou
ywer om die leuen te bly versprei geensins verminder nie, nie waar nie?

> En ek het nie eens die
> ander helfte van die storie vertel nie -
> hoe Jaap se seun in die hof (nog deur die
> apartheidsregime) aangekla is oor meer as
> 'n miljoen rand se korrupsie. Daar was net
> eenvoudig baie Afrikaners wat korrup was
> tot in die grond in.

Natuurlik. Daar was (en is) Afrikaners wat hulle skuldig maak aan elke ander
vorm van sonde ook. Insluitende die doelbewuste verspreiding van
disinformasie en die doelbewuste opjaag van gevoelens in 'n situasie wat
daagliks meer gevaarlik word. Dis nou soos jy, ne'.

> Ek weet nie hoekom ek
> altyd die gevoel gekry het hulle kom van
> Transvaal af nie. Maar Afrikaners het die
> teksboek van korrupsie geskryf. Dit was
> dwarsdeur die universiteite - onbevoegde
> mense wat professorate gekry het net omdat
> hulle in die binnekring van die Broeders
> was. Jy weet, later was daaar 'n binnekring
> en 'n buitekring van Broeders.

Hmm... Ek glo dis heel moontlik waar. Nou het ons onbevoegde mense wat
professorate kry net omdat hulle goed bedeeld is met melanien.

>
>
>
>
>>
>> En selfs "die kwessie van Afrikaans" is 'n halwe waarheid: die beleid wat
>> ingevoer is, was dat helfte van alle vakke _wat nie deur medium van die
>> moedertaal_ geneem is nie, deur medium van Engels geneem moes word en die
>> ander helfte deur medium van Afrikaans. Die keuse was dus daar om die
>> moedertaal as onderrigmedium te gebruik, in plaas van Afrikaans of Engels.
>> Die departement het selfs handboeke en ander materiaal in die moedertaal
>> beskikbaar gemaak.
>
> Ja, nee, ou Leendert, ek ken die hele storie.
> Jaap het by Adams College die twee vakke in
> Afrikaans ingevoer (alhoewel dit op daardie
> tydstip nog nie departementsbeleid was nie)
> en toe werksboeke in Afrikaans geskryf, dit
> met die skool se afrolmasjien afgerol en dit
> dan aan die studente verkoop. Sies, die
> korrupsie wat ek met my eie o"e gesien het.

Ek het hierbo verwys na materiaal wat in die moedertale van swart leerlinge
beskikbaar was, Bloudina! Jy is alweer besig met strooipoptaktiek.

Dat Jaap 'n skurk was (is?) het jy nou al redelik goed gemotiveer. Wat het
dit te doen met die geldigheid van jou leuenagtige stelling dat die onluste
in '76 veroorsaak is omdat Afrikaans op leerlinge afgedwing is?

>
> Dankie dat jy met my saamstem.
> Leendert, doen jouself 'n guns.
> Hou op om nazis en fasciste te
> verdedig. Dan het jy beter kans
> om die huidige regering aan te
> val as jy hulle van korrupsie
> wil beskuldig.

Watter nazis en fasciste het ek verdedig, Gloudina? (Nie dat ek verwag jy
sal antwoord nie - jy is goed met wilde stellings maak, maar nie so goed om
hulle met bewysvoering te ondersteun nie, nie waar nie?)

Maar gestel ek sou 'n Nazi of 'n Fascis verdedig teen 'n onwaar
beskuldiging - of 'n Maois, 'n Stalinis, of Lucifer self? Mag 'n Fascis of
Stalinis nie verdedig word teen laster, leuens en ander onwaarheid nie? Dit
sou opsigself die hoogste vorm van Fascisme wees!

Ek wet jou
knee-jerkreaksie, gebore uit jou onophoudelike morele masturbasie, sou wees
om my dadelik te etiketteer as 'n Nazi, Fascis, of wat ookal ter sprake is.
Want dit is eintlik maar waaroor dit vir jou gaan, nie waar nie Gloudina? Om
etikette aan mense te hang so vinnig as jy kan, ongeag wat die waarheid van
die situasie is.

En wat laat jou dink ek wil die huidige regering van korrupsie beskuldig? Ek
wens inniglik dit was nie nodig of moontlik nie.

>
> Vertel my, Leendert, hoe gaan dit
> deesdae in die Weskaap waar die
> NP nog aan die bewind is?

Wel, as jy minder selektief gelees het (jy vertel mos jy lees nie Die Burger
nie) sou jy dalk geweet het. Die wittes van ANC-beheerde Gauteng jaag die
eiendomspryse die hoogte in soos hulle daar koop (Ek weet, ek het self 'n
goeie slag geslaan met 'n huisie wat ek daar verkoop het). Die swartes van
die ANC-beheerde Oos-Kaap stroom in in hulle duisendtalle.

Maar dit kan jy selfs in die Argus lees.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Nog meer inligting vir Minnesota-Nico [boodskap #13927 is 'n antwoord op boodskap #13878] Di, 21 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger"
>
> As ek so deur die koerante blaai, en lees van ondersoeke na korrupsie, en
> verwante sake, dan is die Wes Kaap die een provinsie wat nie die koerante
> haal nie.

Is daar nie 'n ander rede vir bostaande
nie. Die NP Afrikaners was meesters van
korrupte dinge doen en dit onder die
mat vee. Gaan dit nie maar net nog daar
in die Weskaap aan nie?

Maar ek glo dat daar beter organisasie
in die Weskaap is as in die Noordwestelike
Provinsie. Die een is deel van die "eerste
wereld," die ander deel van die "derde
wereld." Dit was juis een van die aanklagte
teen die apartheidssisteem dat hulle die
nie-blanke mense in al groter wordende
derde-wereldse toestande laat lewe het,
terwyl die "wit" mense in baie gesofistikeerde
eerste-wereldse toestande gelewe het.

Die Noord Kaap eintlik ook nie.

Weet jy dat die provinsie van New
Brunswick hulself ge"twin" het met
die Noordkaap. Hulle ruil kennis
uit en die premiers besoek mekaar.

Ek geniet die informasie, Henri, en hoop dat jy sal
voortgaan om inligting te verskaf. Ek is op die oomblik
geinteresseerd in die feit dat SA so baie van die
wereld se platinum voorsien. Hoe wydversprei
is die platina-myne in SA, of is hulle maar net daar om
Rustenburg gekonsentreer?

Gloudina
Re: Nog meer inligting vir Minnesota-Nico [boodskap #13928 is 'n antwoord op boodskap #13878] Di, 21 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Maar ek glo dat daar beter organisasie
> in die Weskaap is as in die Noordwestelike
> Provinsie. Die een is deel van die "eerste
> wereld," die ander deel van die "derde
> wereld."

Op 'n manier raak jy die wortel van die probleem aan, maar ek sal nie daarop
uitbrei nie.

> Dit was juis een van die aanklagte
> teen die apartheidssisteem dat hulle die
> nie-blanke mense in al groter wordende
> derde-wereldse toestande laat lewe het,
> terwyl die "wit" mense in baie gesofistikeerde
> eerste-wereldse toestande gelewe het.

Kom ek ontstel jou nog meer Gloudina, dit gaan ook oor die amptenare wat aan
gestel word in die plek van voorheen werklik bekwame blankes. Ons hospitaal
hier het 'n baie bekwame vrou as superintendent gehad, maar hulle het die
lewe vir haar onmoontlik begin maak, toe bedank sy. Wie stel hulle in haar
plek aan? 'n Ugandees, en ek sê jou hy is hopeloos, nie omdat hy swart is
nie, omdat hy hopeloos is.

In Desember was die hospitaal se geld op, 4 maande vroegtydig. Pasiente moes
in koue water bad, hulle eie linne saamvat hospitaal toe, en kos is gebedel
by sakeondernemings in die dorp. 'n Lys is by die hospitaal gesirkuleer van
internasionale telefoonoproepe wat van daar gemaak is, met 'n versoek dat
die skuldiges na vore moet kom en betaal. Een daarvan was na Kampala...

Onlangs het Pietersburg stadsraad geadverteer vir 'n stadsbeplanner. Daar
was twee aansoeke - 'n blanke man, ten volle gekwalifiseer, en vir 'n paar
jaar reeds die assistent-stadsbeplanner, en 'n vrou van Botswana. Nie
moeilik om te raai wie is aangestel nie, ne?

> Die Noord Kaap eintlik ook nie.

> Weet jy dat die provinsie van New
> Brunswick hulself ge"twin" het met
> die Noordkaap. Hulle ruil kennis
> uit en die premiers besoek mekaar.

Weet jy dat die Noord Kaap premier, Manne Dipico, hom daarop roem dat hy
ongetroud is, en nog steeds in dieselfde 'shack' saam met sy ma bly. En ook
dat dit verlede week aan die lig gekom het dat hy onderhoud vir drie kinders
betaal, aan drie verskillende vroue. Die (bruin) SAUK joernalis wat die
storie wou breek, is deur die SAUK verbied, toe skryf hy dit onder 'n
skuilnaam vir 'n koerant. Nou is hy geskors omdat hy privaat werk vir 'n
koerant gedoen het!

> Ek is op die oomblik
> geinteresseerd in die feit dat SA so baie van die
> wereld se platinum voorsien. Hoe wydversprei
> is die platina-myne in SA, of is hulle maar net daar om
> Rustenburg gekonsentreer?

Die meeste myne is in die Rustenburg omgewing, maar dit is net 'n deel van
wat bekend staan as die Bosveld Kompleks en verder noordoos strek, en wat
die rykste neerslag ter wêreld van die platinum-groep metale het (chroom,
vanadium, nikkel, fluorspar). Oorspronklik ontdek deur 'n man genaamd Hans
Merensky, na wie een van die skole hier op Tzaneen vernoem is.

Die mynbedryf, veral goud leef al hoe swaarder, enersyds omdat al hoe
dieper, en dus duurder gedelf moet word, en andersyds omdat arbeidsonrus dit
baie onlonend gemaak het. Verskeie myne het reeds hierdie jaar gesluit, en
dit lyk asof die Vrystaatse Goudvelde 'n stadige dood sterf. Ons heil le^ in
die vervaardigingsbedryf, maar sakelui is baie huiwerig, omdat huidige
arbeidswetgewing baie swaar gelaai is ten gunste van die werkers. Selfs die
Grondwet waarborg die reg om te staak, maar nie die reg tot uitsluiting van
stakende werkers nie.

Dit maak ons uiters onkompeterend op die markte. Die Ooste lag vir ons, en
oorstroom ons met hulle goedkoop, kwaliteits produkte. Motors word goedkoper
in Botswana gemonteer en na SA ingevoer, as wat ons dit kan doen, en dit
plaas vervaardigers hier onder druk.

Groete

Henri
Re: Nog meer inligting vir Minnesota-Nico [boodskap #13929 is 'n antwoord op boodskap #13878] Di, 21 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Vertel my, Leendert, hoe gaan dit
> deesdae in die Weskaap waar die
> NP nog aan die bewind is?

Miskien kan ek jou aan die hand van 'n praktiese voorbeeld, help.

Onlangs het ek oor 'n naweek inligting benodig aangaande 'n kind wat 'n
klomp pille gedrink het. In SA is daar Vergiftigings Inligting Sentrums in
Pretoria, Johannesburg, Bloemfontein, Kaapstad en Durban. Die enigste waar
ek enigsins reaksie gekry het, was Kaapstad, maar miskien is dit te
geisoleerd om as norm te aanvaar.

As ek so deur die koerante blaai, en lees van ondersoeke na korrupsie, en
verwante sake, dan is die Wes Kaap die een provinsie wat nie die koerante
haal nie. Die Noord Kaap eintlik ook nie. Die ergste is Mpumalanga, Gauteng,
Noordelike Provinsie en Oos Kaap.

As jy sou belangstel, vertel ek jou van 'n paar gevalle hier by ons. Soos
die amptenaar van Dept. van Onderwys wat verlede week gevang is toe hy R30
000 se skoolboeke aan 'n polisieman wou verkoop vir R3 000. Hopelik is jy
bewus daarvan dat skole hier by ons nie vanjaar skoolboeke ontvang nie,
omdat daar nie geld is nie. Oor die algemeen skud die blanke ouers maar hul
sakke, maar die arme swart kinders staar nog 'n droewige onderwysjaar in die
gesig.

O ja, die Wes Kaap het verlede jaar by verre die beste Matriek slaagsyfer
gehad, 66%, dink ek. Vergelyk dit met my provinsie se 30%, waarvan een skool
'n 0%! Dink jy daai skool se onderwysers is in die pad gesteek? Hoekom nie?

Jammer dat ek jou so opbeur.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Nog meer inligting vir Minnesota-Nico [boodskap #13930 is 'n antwoord op boodskap #13878] Di, 21 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Henri Burger" writes:
>>
>> Ja, ek verstaan dit. Verstaan jy dat dit ook 'n groot gedagtesprong geverg
>> het van mense wat jy beskryf as 'apartheidsvarke' om hierdie verandering te
>> weeg te bring? En dat die meerderheid van hulle nog steeds baie hard werk om
>> die huidige bestel te laat funksioneer, t.s.v. matelose frustrasie met
>> onbevoegde amptenary?
>
> Ek stel dit aan jou dat daar ook baie
> onbevoegde amptenary in die apartheids-
> era was. Ek het vantevore vertel van die
> 28 jarige man wat hoof geword het van
> 'n beroemde swart skool in Natal, nadat
> dit deur Bantoe-Onderwys oorgeneem is.
> Hy het die pos gekry ten spyte van sy
> jeug en die feit dat daar selfs onder
> die Broederbond-lede op die personeel
> beter opgeleide mense was as hy. MAAR
> hy was getroud met iemand ho"er op in
> Bantoe-Onderwys. Uiteindelik in 1976
> was hy in bevel toe die onluste in
> Soweto uitgebreek het - en dit omdat
> hy Afrikaans vir sommige vakke op die
> skoliere wou afdwing.

Dieselfde ou storie wat oor en oor vertel word, en wat selfs die ANC nie
eens meer probeer verkoop nie - selfs in die film Sarafina (Whoopy Goldberg,
onthou?) is hierdie storie die nek ingeslaan - die kwessie van Afrikaans was
niks anders as 'n nuttige voorwendsel om die jeug te mobiliseer vir die
struggle nie.

En selfs "die kwessie van Afrikaans" is 'n halwe waarheid: die beleid wat
ingevoer is, was dat helfte van alle vakke _wat nie deur medium van die
moedertaal_ geneem is nie, deur medium van Engels geneem moes word en die
ander helfte deur medium van Afrikaans. Die keuse was dus daar om die
moedertaal as onderrigmedium te gebruik, in plaas van Afrikaans of Engels.
Die departement het selfs handboeke en ander materiaal in die moedertaal
beskikbaar gemaak.

> Jy is te jonk
> om te weet wat in SA aangegaan het.

Hoe oud is Henri, Gloudina?

En hoe lyk dit asof jou eie gevorderde ouderdom jou nie juis met beter
inligting toegerus het nie?

> Die klomp Afrikaners wat oorgeneem
> het en die ander geterroriseer het,
> was meestal korrup en nie altyd
> so bekwaam nie. Moenie vir my die
> mite vertel van die bekwame staats-
> amptenare van die vorige bedeling.

Moenie voorgee dat Henri jou so iets probeer vertel het nie, Gloudina. Jy
stel 'n stooipop op om af te skiet sodat dit lyk asof jy 'n geldige argument
het.

Dis nie intelligent of oulik nie - dis bloot oneerlik.

> Dis nog een van die dinge wat die
> Afrikaner moet laat gaan, voordat
> hulle die regte perspektief op hul
> groep kan kry. En die werklik bekwame
> Afrikaners moet hulleself nie weer
> laat terroriseer nie.

Beginnende met die kuberterrorisme wat Gloudina deurlopend probeer ontketen.

>
>
>> Wat PW betref, hoe min ek of jy van hom hou, kan nie die feit weg redeneer
>> dat hy die eerste NP leier was wat die eerste huiwerige tree na 'n nuwe
>> bedeling gegee het nie. Ook nie dat hy die proses aan die gang gesit het om
>> Mandela vry te laat nie, maar sy donder uiteindelik deur FW gesteel is weens
>> sy siekte.
>
>> Henri Burger, Tzaneen. RSA
>
>
> Bog, die ergste wetsmisdade en terrorisme
> teen die bevolking van SA is in die 80er
> jare deur PW goedgekeur.

Heel moontlik waar dat die ergste misdade deur staatsamptenare in sy tyd
plaasgevind het. Dit is ook heeltemal onmoontlik om die feit goed te keur
dat dit enigsins plaasgevind het. Maar jy beweeg op uiters gevaarlike grond
as jy beweer dat hy dit goedgekeur het.

Wat ook waar is is dat die ergste wetsmisdade en terrorisme teen die
weerlose dele van die bevolking van SA in daardie tyd ontketen is deur die
sogenaamde "helde" van die struggle - die "helde" wat nou die parlement
volsit.

Dit was die tyd toe mense in die openbaar geslag en verbrand is, sodat die
oorblywendes hulle sal onderwerp aan die dwang van die "bevryders". Toe
burgerlike teikens as wettige teikens goedgekeur is deur die leierskap van
die "struggle" sodat hulle lafhartige "soldate" ongewapende burgerlikes kon
aanval omdat hulle nie die guts gehad het om die staat se magte te
konfronteer nie. Toe mense wat 'n mate van burgerlike verantwoordelikheid
gehad het, en probeer het om hul gemeenskappe op te hef, gebrandmerk is as
"puppets" van die "regime" en die regmatige teiken van "vryheids-" magte -
sodat die gebiede waar die armstes en die swakstes in die samelewing gewoon
het onregeerbaar gemaak kon word - sodat die armstes en die swakstes sou
doen wat die "bevryders" van hulle verwag. Toe die geestelike leiers,
insluitende Beyers Naude, die brood uit die mense se monde geneem het deur
sanksies en disinvestering te verkondig - sodat die honger massas in opstand
moes kom tot steun van die geestelikes se politieke oogmerke.

Daardie gemeenskappe - die swakkes en die weerloses - was die doelbewuste
teiken van die lafhartige misdade van die "struggle". Nou word wittes
bevraagteken as hulle protesteer omdat dieselfde toestande uitgebrei word na
gebiede wat die "bevryders" voorheen nie "onregeerbaar" kon maak nie - dan
word beweer "maar dis dieselfde toestande wat swartmense nog altyd moes
verduur". Dis 'n propagandistiese leuen! Daardie toestande is geskep deur
die "bevryders" wat nou die land regeer, en wat bloot voortgaan om die
toestand van onregeerbaarheid uit te brei na die hele land.

Want die revolusie is nog nie voltooi nie - vra maar vir Jeromy Cronin, hy
skryf aanmekaar daaroor.

> Bog, dat hy die
> eerste treetjies geneem het. Hy het gedink
> hy kon die wereld verblind met praatjies.
> Dis nog 'n mite - dat hy nou die fondament
> van die Nuwe SA gebou het. Die nuwe SA het
> teweeg gekom omdat daar uiteindelik ingesien
> is dat die burgeroorlog gewen gaan word deur
> die ander kant en dat die wit vlag maar
> vroeer liewer as later moet opgaan.

Die nuwe SA het moontlik geword toe:

a) Die voormalige koloniale moondhede uiteindelik hul "skuldgevoelens"
verwerk het en nie meer die storie wou sluk dat die wandade van
Afrikaregerings deur kolonialisme veroorsaak is nie - hulle het begin om
meer krities te kyk na die "edele barbaar", en sou ook meer krities kyk na
'n nuwe swart regering in SA.
b) Die IMF en die wêreldbank begin het om realistiese voorwaardes te stel
vir hul hulp, en geweier het om voort te gaan om die een korrupte regering
na die ander staande te hou.
c) Die USSR as magsblok gevou het - militêr, ekonomies en polities. Met
die koue oorlog verby, was daar nie meer twee partye wat sou probeer om gat
te kruip by Afrikaregerings deur geld in te pomp en terselfdertyd die oë toe
te maak vir hul menseregteskendings nie.
d) Die verwydering van die USSR as aanstigter en steunbron die tande van
die SAKP getrek het en dit moontlik gemaak het om misdadigers soos Mandela
vry te laat - hulle kon nie meer 'n gevaar vir die samelewing wees nie.
d) Die ANC besef het dat, met die verval van die USSR, daar geen kans
meer was dat hulle 'n militêre oorwinning sou kon behaal nie (Mandela sê dit
self) - hulle sou moes skik vir 'n werklik demokratiese grondwet met
behoorlike beskerming vir menseregte.

> En die
> feit dat alles so vredevol in SA verloop het,
> is direk die gevolg van die Christelike
> inbors van die meerderheid van die oorwinnaars.

Die feit dat alles "so vredevol verloop het" is die direkte gevolg van die
feit dat daar 'n redelike balans van mag is. Die regering is afhanklik van
die kundigheid, vaardighede en vermoëns van bepaalde minderhede, selfs al
steun daardie minderhede nie die regering nie. Hy is ook afhanklik daarvan
dat hy verdra word deur minderhede wat in staat is om die land te vernietig
as hulle nie kans sien vir die toekoms onder die regering nie - Mandela sê
dit self.

Dit, tesame met die grondwet wat die ANC moes aanvaar plaas 'n demper op sy
vermoë om sy revolusie te volvoer - maar nie op sy motivering om dit te doen
nie.

Wanneer Mandela en sy ANC se se onderrok uithang soos met SARVU en weer
verlede week, herinner dit ons maar net daaraan dat, as die oorgang vyf jaar
vroeër gebeur het, ons werklik die bloedvergieting sou sien waarna Gloudina
klaarblyklik so dorstig hunker.

En dit herinner ons daaraan dat ons inderdaad tans in 'n staat van
laegraadse burgeroorlog verkeer met 'n regering wat oogluikend toelaat dat
bepaalde sektore van die bevolking sistematies geterroriseer en deur moord
ge-elimineer word.

Dat die graad van die vyandlikhede besig is om gaandeweg erger te raak.

Dat polarisering in die gemeenskap tans heel moontlik erger is as ooit
tevore, en besig is om daagliks toe te neem.

Dat 'n volskaalse verdelging nog steeds kan uitbreek.

Dat warkoppige "wyshede" deur waningeligte ou uitgewekenes in Kanada geen
nuttige bydrae tot die debat in hierdie samelewing verteenwoordig nie.

Inteendeel. Wanneer mense soos Gloudina voortgaan om mense voor die voet te
demoniseer op grond van 'n werklikheidsbeeld wat verwring is deur dertig
jaar in tyd en 'n halfrond in afstand het dit eerder die effek dat dit
polarisering bevorder en debat inhibeer.
Re: Nog meer inligting vir Minnesota-Nico [boodskap #13955 is 'n antwoord op boodskap #13878] Wo, 22 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| 'n miljoen rand se korrupsie. Daar was net
| eenvoudig baie Afrikaners wat korrup was
| tot in die grond in. Ek weet nie hoekom ek

Al weer die sweeping statements .... en die keer moet ons jouself dan maar
daarby insluit , Gloudina. Sies, moenie jou eie korropsie so adverteer
nie.

Nico
Vorige onderwerp: Re: WWJD
Volgende onderwerp: Die Ware PW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 09:41:34 MGT 2024