Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geselligheid
geselligheid [boodskap #139088] So, 20 Maart 2022 08:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geselligheid
Afbreking: ge•sel•lig•heid
Samestelling: gesellig + -heid


Selfstandige naamwoord: geselligheid
Meervoud: gesellighede
Verkleinwoord: geselligheidjie
Meervoud van verkleining: geselligheidjies

Betekenis:
• 'n Gesellige samekoms waar mense kuier en gesels.
• 'n Aangename atmosfeer of omgewing.

Gebruik:
• Ons hou vanaand 'n geselligheid by die kerk.
• Sy steek nou en dan 'n kers op ter wille van geselligheid.

Sinoniem:
• byeenkoms
• fees
• jol
• jollery
• jovialiteit
• funksie
• makietie
• onthaal
• opskop
• party
• partytjie
• samekoms
• viering

Antoniem:
• ongeselligheid

Afgelei:
• afskeidsgeselligheid

Vertaling:
Engels: social gathering; cosiness, snugness
Nederlands: gezelligheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gesaghebbend
Volgende onderwerp: gesindheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 11:27:11 MGT 2024