Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » drogbeeld
drogbeeld [boodskap #139083] Sa, 19 Maart 2022 16:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
drogbeeld
Afbreking: drog•beeld
Samestelling: (be)drog + beeld


Selfstandige naamwoord: drogbeeld
Meervoud: drogbeelde
Verkleinwoord: drogbeeldjie
Meervoud van verkleining: drogbeeldjies

Betekenis:
• 'n Bedrieglike beeld wat nie die werklikheid weerspieël nie.

Gebruik:
• Daar word dikwels vir jongmense 'n idilliese drogbeeld oor die werkplek geskep.

Sinoniem:
• droombeeld
• hersenskim
• illusie
• skynbeeld
• waan
• waanidee
• waanvoorstelling

Afgelei:
• drogbeeldend

Vertaling:
Engels: illusion, phantom
Nederlands: drogbeeld

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lamineer
Volgende onderwerp: geneties
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 11:33:41 MGT 2024