Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aas
aas [boodskap #139032] Di, 08 Maart 2022 20:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aas
Afbreking: aas


Selfstandige naamwoord: aas
Meervoud: ase

Betekenis:
• Iets (meestal vleis) wat as lokmiddel gebruik word.
• Karkas (dooie dier) wat verrot of deur aasvreters opgeruim word.
• Speelkaart het die letter A daarop.

Gebruik:
• Die boer sit aas in sy vanghok om die jakkals te vang.
• Waar die aas ook al lê, daar sal die aasvoëls bymekaarkom. [Matteus 24:28]
• Wie het die aas van skoppens?

Spreekwoord:
• As jy aan die aas roer, stink dit. [Laat vuil sake rus.]
• My oupa se hond en sy oupa se hond het saam die aas weggesleep. [Ons is baie verlangs familie.]
• Waar die aas is, vergader die aasvoëls. [Waar voordeel behaal kan word, is daar baie mededingers.]

Sinoniem:
• aanloksel
• lokkos
• lokmiddel

Hiponiem:
• rooi-aas
• potloodaas
• skulpaas
• witaas
• hartensaas
• klaweraas
• skoppensaas

Afgelei:
• aasblom
• aasdier
• aasjoggie
• aaskewer
• aaskelk
• aaskop
• aaslelie
• aasplek
• aasreuk
• aasstok
• aasvlieg
• aasvoël
• aasvretend
• aasvreter
• lokaas

Vertaling:
Engels: bait; carrion; ace
Nederlands: aas


Werkwoord: aas
Verlede tyd: het geaas

Betekenis:
• Om vir voedsel te jag; op iets teer.

Gebruik:
• Die uil aas op muise.

Vertaling:
Engels: to feed, prey upon
Nederlands: azen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: potloodaas
Volgende onderwerp: essensie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 10:49:02 MGT 2024