Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » desimaal
desimaal [boodskap #138977] Sa, 26 Februarie 2022 13:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
desimaal
Afbreking: de•si•maal


Byvoeglike naamwoord: desimaal
Attributief: desimale

Betekenis:
• Wat uit tien dele bestaan.

Gebruik:
• Die desimale stelsel gebruik 10 syfers, van 0 tot 9.

Sinoniem:
• tiendelig
• tientallig

Verwant:
• binêr
• oktaal
• heksadesimaal

Vertaling:
Engels: decimal
Nederlands: decimaal


Selfstandige naamwoord: desimaal
Meervoud: desimale
Verkleinwoord: desimaaltjie
Meervoud van verkleining: desimaaltjies

Betekenis:
• Syfer agter die punt of komma (wat 'n waarde van kleiner as een verteenwoordig).

Gebruik:
• Die waarde is korrek tot die derde desimaal.
• Rond die getal af tot twee desimale.

Afgelei:
• desimaalkomma
• desimaalpunt
• desimaalteken

Vertaling:
Engels: decimal
Nederlands: decimaal

Nota:
• In Afrikaans gebruik ons 'n komma (eerder as 'n punt) as die desimale karakter.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: desnoods
Volgende onderwerp: plateer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 11:51:21 MGT 2024