Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geleerde
geleerde [boodskap #138946] So, 20 Februarie 2022 20:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geleerde
Afbreking: ge•leer•de
Samestelling: geleer(d) + -e, geleer + -de
Uitspraak: /χəˈlɪə̯r.də/


Selfstandige naamwoord: geleerde
Meervoud: geleerdes

Betekenis:
• Iemand wat geleerd is en oor uitgebreide kennis beskik.

Gebruik:
• Hy is 'n geleerde in eie reg.

Sinoniem:
• akademikus
• deskundige
• geletterde
• kenner
• kundige
• intelligentsia
• skolier

Antoniem:
• ongeleerde

Hiponiem:
• boekgeleerde
• godgeleerde
• kamergeleerde
• regsgeleerde
• skrifgeleerde
• skyngeleerde
• studeerkamergeleerde
• taalgeleerde
• vakgeleerde
• wetsgeleerde

Vertaling:
Engels: learned man, academic, scholar, scientist
Nederlands: geleerde


Byvoeglike naamwoord: geleer, geleerd
Attributief: geleerde

Betekenis:
• Wat deeglik onderrig en met kennis toegerus is.
• Met 'n leer daarin.

Gebruik:
• Hy is 'n geleerde man.
• Sy gooi haar geleerde sykouse weg.

Afgelei:
• aangeleerde
• halfgeleerde
• hooggeleerde
• seergeleerde

Vertaling:
Engels: learned, educated; laddered
Nederlands: geleerde; geladderd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: a.g.v.
Volgende onderwerp: immers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 11:53:43 MGT 2024