Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » parallel
parallel [boodskap #138911] Sa, 12 Februarie 2022 20:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Lyn AB is parallel met lyn CD.
Lyn AB is parallel met lyn CD.
parallel
Afbreking: pa•ral•lel


Byvoeglike naamwoord: parallel
Attributief: parallelle

Betekenis:
• Wat ewewydig met iets anders loop; orals ewe ver weg is.
• (figuurlik) Wat grootliks vergelykbaar is.

Gebruik:
• Die stawe van 'n treinspoor moet perfek parallel gelê word.
• Die twee gevalle is glad nie parallel nie.

Sinoniem:
• ewewydig

Antoniem:
• antiparallel
• nie-ewewydig
• onewewydig

Vertaling:
Engels: parallel; analog
Nederlands: parallel


Selfstandige naamwoord: parallel
Meervoud: parallelle

Betekenis:
• 'n Lyn of vlak wat ewewydig met 'n ander loop.
• (figuurlik) Iets wat met iets anders vergelyk word.

Gebruik:
• Die Kreefskeerkring is 'n bekende parallel in die Noordelike Halfrond.
• Daar is heelwat parallelle tussen die Amerikaanse en die Russiese weermagte.

Afgelei:
• parallelepidedum
• parallelgesteld
• parallelisme
• parallelklas
• parallelkrasser
• parallelmedium
• parallelogram
• parallelplaas
• parallelskakeling
• parallelskool
• parallelstelling

Vertaling:
Engels: parallel
Nederlands: parallel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uitsending
Volgende onderwerp: katools
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 10:52:35 MGT 2024