Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lengtegraad
lengtegraad [boodskap #138907] Sa, 12 Februarie 2022 08:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Breedte- en lengtegrade oor die Aarde.
Breedte- en lengtegrade oor die Aarde.
lengtegraad
Afbreking: leng•te•graad
Samestelling: lengte + graad


Selfstandige naamwoord: lengtegraad
Meervoud: lengtegrade
Verkleinwoord: lengtegraadjie
Meervoud van verkleining: lengtegraadjies

Betekenis:
• Denkbeeldige lyn van die Noord- na die Suidpool op die oppervlakte van 'n hemelliggaam (soos die Aarde) wat die oos-wes posisie aandui.

Gebruik:
• 'n Plek se presiese ligging word deur sy breedte- en lengtegraad bepaal.

Sinoniem:
• meridiaan

Antoniem:
• breedtegraad

Hiponiem:
• datumlyn
• nulmeridiaan

Afgelei:
• lengtegraadverskil

Verwant:
• lengtelyn
• lengtesirkel
• longitudinaal

Vertaling:
Engels: degree of longitude
Nederlands: lengtegraad

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: breedtegraad
Volgende onderwerp: breërandhoed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 10:46:58 MGT 2024