Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » breedtegraad
breedtegraad [boodskap #138906] Sa, 12 Februarie 2022 08:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Lengte- en breedtegrade oor die Aarde.
Lengte- en breedtegrade oor die Aarde.
breedtegraad
Afbreking: breed•te•graad
Samestelling: breedte + graad


Selfstandige naamwoord: breedtegraad
Meervoud: breedtegrade
Verkleinwoord: breedtegraadjie
Meervoud van verkleining: breedtegraadjies

Betekenis:
• Denkbeeldige sirkel om die oppervlakte van 'n hemelliggaam (soos die aarde) wat die noord-suid posisie ten opsigte van die ewenaar aandui.

Gebruik:
• 'n Plek se presiese ligging word deur sy lengte- en breedtegraad bepaal.

Antoniem:
• lengtegraad

Hiponiem:
• ewenaar
• keerkring

Afgelei:
• breedtegraadsverskil

Verwant:
• breedtelyn
• breedtesirkel

Vertaling:
Engels: degree of latitude
Nederlands: breedtegraad, latitude

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: breëbandverbinding
Volgende onderwerp: lengtegraad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 10:41:21 MGT 2024