Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » assuransie
assuransie [boodskap #138867] So, 06 Februarie 2022 16:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
assuransie
Afbreking: as•su•ran•sie


Selfstandige naamwoord: assuransie
Meervoud: assuransies

Betekenis:
• Langtermyn belegging wat na 'n periode of gebeurtenis (soos aftrede of dood) uitbetaal.
• (informeel) Versekering teen skade of verlies.

Gebruik:
• 'n Mens kan teen versekering eis, maar assuransie betaal altyd na 'n periode uit.

Hiponiem:
• aftree-annuïteit
• lewensversekering

Afgelei:
• assuransie-agent
• assuransiegeld
• assuransiekantoor
• assuransiemaatskappy
• assuransiemakelaar
• assuransiepolis
• assuransiepremie

Afkorting:
• assur.

Vertaling:
Engels: assurance
Nederlands: assurantie

Nota:
• Woorde soos "brandassuransie" en "inbraakassuransie" kom in die spreektaal voor, maar is tegnies versekering en nie assuransie nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: asemhalingsorgaan
Volgende onderwerp: atoomoorlog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 10:40:26 MGT 2024