Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hik
hik [boodskap #138838] Wo, 02 Februarie 2022 07:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hik
Afbreking: hik


Werkwoord: hik
Verlede tyd: het gehik

Betekenis:
• Om kort afgekapte keelgeluide te maak, gewoonlik nadat 'n mens te vinnig geëet of gedrink het.

Gebruik:
• As jy hik, hou jou asem vir 10 tellings op.

Vertaling:
Engels: to hiccough
Nederlands: hikken


Selfstandige naamwoord: hik
Meervoud: hikke
Verkleinwoord: hikkie
Meervoud van verkleining: hikkies

Betekenis:
• 'n Kort hyg tydens inaseming, gevorm deur 'n onwillekeurige sametrekking van die middelrif (diafragma) en 'n skielike sluiting van die strotklep (glottis).

Gebruik:
• 'n Ontydige hik kan 'n mens in 'n groot verleentheid laat beland.

Afgelei:
• hikgeluid
• hikkerig
• hikkery

Vertaling:
Engels: hiccup
Nederlands: hik

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: omkring
Volgende onderwerp: amerikaniseer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 11:50:55 MGT 2024