Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » transformeer
transformeer [boodskap #138818] Sa, 29 Januarie 2022 09:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
transformeer
Afbreking: trans•for•meer


Werkwoord: transformeer
Verlede tyd: het getransformeer
Verlede deelwoord: transformeerde

Betekenis:
• Om van gedaante te verander.
• Om die volt-lesing van 'n elektriese stroom (m.b.v. 'n transformator) te verander.

Gebruik:
• Jy kan jou lewe transformeer deur slegte gewoontes en ou patrone af te leer.
• Die hoe spanning word na 'n laer spanning getransformeer.

Sinoniem:
• herskep
• hervorm
• muteer
• omskakel
• omskep
• omtower
• omvorm
• verander
• vervorm

Afgelei:
• aftransformeer
• optransformeer

Verwant:
• transformasioneel
• transformasie
• transformator

Vertaling:
Engels: to transform
Nederlands: transformeren

Nota:
• In die politiek het die woord gewoonlik 'n eufemistiese betekenis.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: motorhandelaar
Volgende onderwerp: openlikheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 11:50:10 MGT 2024