Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verwyt
verwyt [boodskap #138815] Sa, 29 Januarie 2022 07:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verwyt
Afbreking: ver•wyt


Werkwoord: verwyt
Verlede tyd: het verwyt

Betekenis:
• Om iemand kwalik te neem vir 'n fout; verantwoordelik hou; afkeurend beskuldig.

Gebruik:
• Hoekom verwyt jy my? Dit was nie my fout nie!

Spreekwoord:
• Die pot verwyt die ketel. ['n Ander vir 'n fout blameer waaraan jy self skuldig is.]

Sinoniem:
• aankla
• beskuldig
• betig
• blameer
• kritiseer

Vertaling:
Engels: to blame, reproach, upbraid
Nederlands: verwijten


Selfstandige naamwoord: verwyt
Meervoud: verwyte

Betekenis:
• 'n Beskuldiging oor iets wat iemand aangedoen is.

Gebruik:
Verwyte gaan ons nêrens bring nie.

Sinoniem:
• aanklag
• beskuldiging
• blamering
• kritiek
• spyt
• veroordeling
• wroeging

Afgelei:
• selfverwyt
• verwytbaar
• verwytend
• verwyterig

Vertaling:
Engels: blame, resentment
Nederlands: verwijt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: grondwaterkunde
Volgende onderwerp: brandnetel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 11:52:20 MGT 2024