Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fort
fort [boodskap #138797] Wo, 26 Januarie 2022 07:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Fort.
'n Fort.
fort
Afbreking: fort


Selfstandige naamwoord: fort
Meervoud: forte
Verkleinwoord: fortjie
Meervoud van verkleining: fortjies

Betekenis:
• 'n Versterkte posisie wat vir militêre doeleindes ingerig is.

Gebruik:
Fort Skanskop naby die Voortrekkermonument dateer uit die dae van net voor die Tweede Vryheidsoorlog.

Spreekwoord:
• Hou die fort. [Weerstand bied tot hulp opdaag.]

Sinoniem:
• fortifikasie
• fortifisering
• skans
• verskansing
• vesting
• vestingswerk

Hiponiem:
• barrikade
• bastion
• blokhuis
• brug
• kasteel
• sitadel
• toring
• uitkyktoring

Homofoon:
• vort (weg)

Vertaling:
Engels: fort, fortress
Nederlands: fort

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vooraanstaande
Volgende onderwerp: madressa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 12:32:14 MGT 2024