Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » versinsel
versinsel [boodskap #138792] Di, 25 Januarie 2022 14:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
versinsel
Afbreking: ver•sin•sel
Samestelling: versin + -sel


Selfstandige naamwoord: versinsel
Meervoud: versinsels
Verkleinwoord: versinseltjie
Meervoud van verkleining: versinseltjies

Betekenis:
• Dit wat versin (opgemaak of verbeel) word.

Gebruik:
• Hoe moet 'n advokaat so 'n versinsel in die hof verdedig?

Sinoniem:
• bedenksel
• duimsuiery
• fabel
• fabrikasie
• jokstorie
• leuen
• liegstorie
• verdigsel
• voorwendsel
• wolhaarstorie

Vertaling:
Engels: fabrication, figment, made up story
Nederlands: verzinsel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: insluimer
Volgende onderwerp: muesli
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 12:52:52 MGT 2024