Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Nog meer inligting vir Minnesota-Nico
Re: Nog meer inligting vir Minnesota-Nico [boodskap #13877] Sa, 18 April 1998 00:00
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina Skryf:

> En om terug te keer na Pol Pot Botha. Wat dink jy moet
> Afrikaners met die ou doen? Dieselfde as wat die Khmer
> Rouge gedoen het met Pol Pot? Hom onder huisarres sit,
> sodat hy nie verder die beeld wat die buiteland van
> Afrikaners het kan bevuil nie? Ek persoonlik is bly dat
> dinge loop soos dit loop. Arme biskop Tutu is so desperaat
> om dinge maar onder die mat te vee, en vir PW Botha van
> die haak af te kry sodat mense hom nou maar moet vergeet.
> Maar sulke fascistiese historiese figure moet hulle dag kry -
> soos Mussolini daar in Italië, sodat die wêreld nie gou hul
> wreedheid en bloeddorstigheid sal vergeet nie.

Gloudina,

Ek het my tot dusver uit julle kleinlike argumente uitgehou, maar wat jy
hier bo skryf, wys duidelik dat jy totaal uit voeling is met wat in SA
gebeur. Wat ons beleef het, en nog steeds beleef is 'n bestuurde revolusie,
en tot dusver het dit relatief bloedloos verloop. Wat jy bepleit is
Nuerenberg- tipe verhore. Dit is die laaste ding wat SA op hierdie stadium
nodig het, en die meeste mense, insluitende die regering besef dit, omdat
gemoedere onder die oppervlak steeds die potensiaal van bloedige konflik
het.

PW Botha het op groot skaal drooggemaak, en baie van ons na 'n 'vreemde'
land laat gaan om oorlog te maak. Ten spyte hiervan sien baie mense sy
verset teen die WVK as verset teen onewewigtigheid aan die kant van die WVK.
Die baie pogings wat aangewend word om hom uit die hof te hou, spruit aan
die een kant daaruit dat daar aan regeringskant respek vir hom is as
voormalige staatshoof. Aan die ander kant is waarnemers ook van mening dat
daar 'n ander rede is, nl dat die WVK by implikasie ook voor die hof sal
moet verskyn, en wel in die persoon van biskop Desmond Tutu, en dat die
moontlikheid bestaan dat die keiser nie volledig gekleed is nie, om dit sag
te stel.

Dit sal jou baat om jou te vergewis van die feite, en jou daarvan te weerhou
om gemoedere onnodig te probeer aanblaas. Onthou altyd dat daar op die
stadium meer goed opgeleide soldate buite regeringsmagte sit, as daarbinne,
en vra jouself die vraag of die regering kan bekostig dat hulle mobiliseer.
Ek sê nie dit is op hierdie stadium 'n realiteit nie, maar die potensiaal
is daar as genoeg gemoedere genoegsaam opgevryf word. Die huidige regering
besef dit, hoekom nie jy ook nie?

Groete

Henri Burger
Vorige onderwerp: Wat maak Mandela daar
Volgende onderwerp: Ma se kar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 21:28:03 MGT 2024