Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » infeksie
infeksie [boodskap #138766] Sa, 22 Januarie 2022 14:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
infeksie
Afbreking: in•fek•sie


Selfstandige naamwoord: infeksie
Meervoud: infeksies
Verkleinwoord: infeksietjie
Meervoud van verkleining: infeksietjies

Betekenis:
• Besmetting van 'n mikro-organisme wat 'n mens se liggaam binnedring en vermenigvuldig.

Gebruik:
• In erge gevalle kan 'n infeksie tot die dood van die geïnfekteerde individu lei.
Infeksies kan deur virusse, bakterieë, parasiete en swamme veroorsaak word.

Sinoniem:
• besmetting
• ontsteking
• sepsis

Hiponiem:
• gangreen
• listeriose
• skarlakenkoors
• verkoue

Afgelei:
• breininfeksie
• desinfeksie
• fungusinfeksie
• infeksiebron
• infeksiegevaar
• infeksiekiem
• infeksiesiekte
• infeksieus
• salmonella-infeksie

Vertaling:
Engels: infection, contagion
Nederlands: infectie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: alkoof
Volgende onderwerp: hospitaliseer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 12:42:56 MGT 2024