Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ekstrak
ekstrak [boodskap #138733] So, 16 Januarie 2022 18:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ekstrak
Afbreking: ek•strak


Selfstandige naamwoord: ekstrak
Meervoud: ekstrakte

Betekenis:
• 'n Aangedikte aftreksel; preparaat gemaak deur 'n treksel te konsentreer.

Gebruik:
• Die ekstrak word verdik deur die afdamping van oortollige water om die korrekte voginhoud te verseker.

Sinoniem:
• afkooksel
• distillaat
• konsentraat
• treksel
• uittreksel

Hiponiem:
• dagga-ekstrak
• gemmerekstrak
• koffie-ekstrak
• moutekstrak
• opiumekstrak
• suurdeegekstrak
• tabakekstrak
• vanielje-ekstak
• vleisekstrak

Verwant:
• ekstraksie
• ekstraktief

Vertaling:
Engels: extract
Nederlands: extract

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bysin
Volgende onderwerp: struikelend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 12:39:09 MGT 2024