Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dwarrel
dwarrel [boodskap #138712] Wo, 12 Januarie 2022 13:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dwarrel
Afbreking: dwar•rel


Werkwoord: dwarrel
Verlede tyd: het gedwarrel

Betekenis:
• Om onreëlmatig te draai of in kronkels te beweeg.
• (figuurlik) Deurmekaar ronddraai.

Gebruik:
• In die herfs dwarrel die blare uit die bome.
• Die gedagtes dwarrel deur my kop.

Wisselvorm:
• warrel

Sinoniem:
• kronkel
• maal
• ronddraai

Afgelei:
• afdwarrel
• indwarrel
• opdwarrel
• ronddwarrel

Vertaling:
Engels: to whirl, to flutter about
Nederlands: dwarrelen


Selfstandige naamwoord: dwarrel
Meervoud: dwarrels
Verkleinwoord: dwarreltjie
Meervoud van verkleining: dwarreltjies

Betekenis:
• 'n Wind wat ronddraai, of figuurlik, 'n bewegende deurmekaarspul.

Gebruik:
• Waarheen neem hierdie warrel ons?

Sinoniem:
• dwarrelwind
• werwelwind

Afgelei:
• dwarrelig
• dwarreling
• dwarrelstroom
• dwarrelvlug

Vertaling:
Engels: a whirl
Nederlands: dwarrel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: samevloeiing
Volgende onderwerp: aspatat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 13:18:10 MGT 2024